Wie weet hoeveel is 13 triljoen?

Die Amerikaners weet van skuld maak. Sedert Barack Obama president van die VSA geword het, word die land se skuldlas selfs teen ‘n hoër tempo groter as toe George (Big Spender) Bush president was. Die Amerikaanse regering se skuldlas het sopas die $13 triljoen merk verbygesteek. Sjoe! Hoeveel is 13 triljoen? Wel om jou ‘n idee te gee: Dit is so 26 keer meer as wat die hele Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk is!

Die VSA se skuldlas neem tans teen meer as R4 miljard per dag toe en indien die skuld tussen die land se 308 miljoen inwoners verdeel word beteken dit dat elke Amerikaner meer as $42 ooo skuld. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van Amerikaners is $46 000! Indien alle Amerikaners dus vir 11 maande land hul volle salarisse aan die staat skenk sal hulle dalk hulself uit die skuldlas kan bevry. Waarvan hulle egter dan gaan leef om nie eers te vra hoe hulle hul groot Chevy, Ford en Dodge-bakkies gaan betaal nie, bly natuurlik ‘n opevraag.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Marionade

    Hoeveel van die skuld lê in “government bonds” en watter deel van die government bond skuld was aanvanklik “principal” en watter deel is tans “interest”, m.a.w. hoeveel skuld is aangegaan (lees “hoeveel geld is deur die Federal Reserve gedruk”) om die aanvanklike skuld te betaal? Wat is die werklike invloed op inflasie, m.a.w. met hoeveel is elke dollar nou éíntlik verwater?

    Hierdie soort syfers sal interessant wees, want dit sal die vemoede bevestig dat die rykdom waarmee Amerika woeker, fiktief is en dat die sg. “resessie” maar net die eerste van ‘n reeks konvulsies is in die aanloop tot ‘n baie lang, uitgerekte en pynlike proses van transformasie.

    ‘n Toekomstige rolspeler (soos ons almal weet) is China. China se MO is eenvoudig: die geskrifte voorspel die opstanding van die draak en hierdie soort ideologiese mumbo-jumbo is ‘n bron van groot inspirasie – vergelyk dit met die inspirasie wat Christene gehad het tydens die Renaissance.

    Die ontwikkeling van China is op die Amerikaanse model geskoei, maar net vir nou. Hoe sal China sy sake in die toekoms bedryf? Ek weet nie, but beware, for here be dragons!

    Wie weet, as Europa ‘n slag kan muscle en tande wys deur sy koloniale skuldgevoel wat so swaar op sy ou skouertjies lê, af te skud en sy eie huis ‘n slag in orde te kry, sal dinge dalk oraait uitdraai.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube