Wet jaag nuwe, onrealistiese rasseteikens, maan Solidariteit

Wet jaag nuwe, onrealistiese rasseteikens, maan Solidariteit

Bykans 80%, oftewel sowat een miljoen, van alle ekonomies aktiewe bruin Suid-Afrikaners in die Wes-Kaap sal in ʼn ander provinsie ʼn heenkome moet vind, terwyl meer as een miljoen swart Suid-Afrikaners na dié provinsie moet trek as die voorgestelde wetswysiging vir die wet op gelyke indiensneming tot op die letter geïmplementeer sou word. As die wysiging aanvaar word, sal dit ook beteken dat meer as 300 000 Indiërs in KwaZulu-Natal uit dié provinsie sal moet padgee om rasseteikens te behaal.

Lees Rapport, Die Burger, AFP en  M&G. Luister RSG.

 

Die vakbond Solidariteit reken dat die voorgestelde wetswysiging impliseer dat migrasie van miljoene ekonomies aktiewe Suid-Afrikaners tussen provinsies noodsaaklik sal wees om die nasionale rasseverdeling van die ekonomies aktiewe bevolking (EAB) in elke afsonderlike provinsie te weerspieël. Dié weerspieëling van die nasionale EAB in elke provinsie sal behels dat daar in elke werkplek regoor die land, ongeag streeksdemografie, ʼn 73,7%-verteenwoordiging van swart, ʼn 10,9%-verteenwoordiging van bruin, ʼn 3,2%-verteenwoordiging van Indiër en ʼn 12,2%-verteenwoordiging van wit werknemers moet wees.

Intussen het die koerant Rapport vandag berig dat Cosatu se Tony Ehrenreich sê hul bevindinge is “min of meer dieselfde” en dat Cosatu ook die kwessie in Nedlac sal opper. Daarbenewens word die grondwetkenner van die Universiteit van Kaapstad, prof. Pierre de Vos, ook oor die onderwerp aangehaal. Hy meen dat ʼn saak uitgemaak kan word dat die voorgestelde wetgewing waarskynlik ongrondwetlik is. Die DA se Ian Ollis het ook in die berig gesê dat dié party hulle oor die wetgewing tot die hof sal wend indien dit nodig word.

Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, meen dat dié wysigings aan die wet op ʼn reusagtige en onwerkbare program van sosiale manipulasie kan neerkom, aangesien die wysiging veroorsaak dat die wet nie meer die EAB van ʼn streek in ag neem nie, maar slegs die nasionale rassesamestelling van die ekonomies aktiewe bevolking. Hy beklemtoon dat daar nog talle ander kwessies in die wette is wat heroorweeg moet word.

 Volgens die huidige samestelling van die Wes-Kaap se EAB is nagenoeg 29,1% van die EAB swart, 54,8% bruin, 0,5% Indiër en 15,6% wit. Om die nasionale demografie te kan weerspieël, moet daar groot skuiwe gemaak word. Dit sal beteken dat die huidige bruin en wit EAB met onderskeidelik 80% en 22% sal moet afneem, terwyl die swart en Indiër EAB onderskeidelik met 154% en 538% sal moet toeneem om die nasionale EAB-samestelling te kan weerspieël.

“In Limpopo sal dit voorts behels dat daar ten minste ʼn 10 000%-toename in bruin ekonomies aktiewe mense moet wees, terwyl meer as 268 600 swart ekonomies aktiewe mense uit die provinsie sal moet trek. Hierdie absurde syfers bewys duidelik dat die wetswysiging in sy huidige vorm onwerkbaar is en onrealistiese eise stel,” sê Hermann.

Hierdie bevindinge vorm deel van ʼn volledige verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor die voorgestelde wysigings aan die arbeidswette. Die verslag dui aan wat die noodsaaklike skuiwe van bevolkingsgroepe tussen provinsies sal moet wees ten einde die nasionale EAB-samestelling in elke provinsie te kan weerspieël.

Volgens Hermann impliseer die wysigings aan die wet op gelyke indiensname dat slegs die nasionale EAB-samestelling as ʼn maatstaf van verteenwoordiging gebruik kan word en ander maatstawwe wat voorheen gebruik kon word, nou uitgesluit word. Die huidige maatstawwe sluit in of ʼn geskikte persoon uit die aangewese groepe beskikbaar is om aangestel of bevorder te word, asook huidige en verwagte toekomstige ekonomiese en finansiële faktore in die spesifieke sektor. “Dit kom uiteindelik daarop neer dat ʼn werkgewer, ten spyte van faktore soos die plaaslike demografie en die tekorte aan vaardige werknemers, bloot by die nasionale EAB-samestelling sal moet hou en nie aanstellings buite hierdie raamwerk sal kan maak nie,” sê Hermann. “Die voorstelle trek ook ʼn streep deur die konsep ‘swart’ soos dit in die wet op gelyke in diensneming uiteengesit word. In praktyk word bruin en Indiër Suid-Afrikaners dus as’t ware uit die aangewese groep geskryf.”

Solidariteit se regspan het reeds met die samestelling van stukke begin om ʼn hofaksie van stapel te stuur sou die wetswysiging goedgekeur word. “Die beginsel van verteenwoordiging soos wat dit nou in die voorgestelde wetswysiging weergegee word, strook nie met die Grondwet van Suid-Afrika nie en kan derhalwe nie aanvaar word nie,” verduidelik Hermann.

*Sien aangeheg ʼn uittreksel uit die SNI-studie  oor die voorgestelde wysigings aan die arbeidswette.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Marionade

    Solidarity was acting “opportunistically”. Hieroor kan baie gesê word as ons na die ANC en sy alliansievennote kyk; selfs in hierdie geval is Cosatu besig met ‘n opportunistiese poging om die kalklig van sy eie opportunisme af te kry deur te sê dat Solidariteit opportunisties is, maar dit is nie die punt nie. Die punt is dat iemand nou skielik besig is om wal te gooi. Die hele bleddie ding het nou ‘n wending geneem. Wat ‘n grap – nóg ‘n grap. Hoeveel grappe het ons nou al?

  • Reint

    Cosatu se reaksie.

    LABOUR-EQUITY
    LABOUR-EQUITY
    CAPE TOWN Feb 21 Sapa
    STATEMENT ON COLOURED JOBS IRRESPONSIBLE: COSATU

    Statements and reports claiming that at least a million coloured workers in the Western Cape stand to lose their jobs are “irresponsible and inflammatory”, Cosatu said on Monday.

    “The Central Executive Committee of the Congress of South African Trade Unions [Cosatu] has strongly condemned the irresponsible and inflammatory statements and reports claiming that at least 1 million ‘Coloured’ workers in the Western Cape are going to be retrenched and replaced by African workers,” Cosatu spokesman Patrick Craven said in a statement.

    On Sunday, trade union Solidarity said coloured South Africans in the Western Cape would have to earn a living in another province if proposed amendments to the Employment Equity Act were implemented.

    Solidarity’s deputy general secretary Dirk Hermann said the amendments could amount to “a massive and unfeasible social engineering programme”.

    He said in terms of the amendment, the act would no longer recognise the economically active population (EAP) of a region, but only the national demographics of the economically active population.

    According to the Western Cape’s current demographics approximately 29.1 percent of the EAP is black, 54.8 percent coloured, 0.5 percent Indian and 15.6 percent white.

    “It would require massive shifts in the population to reflect the national demography,” Hermann said.

    “It would mean that the current coloured and white EAP would have to decrease by 80 percent and 22 percent respectively, while the black and Indian EAP would have to increase by 154 percent and 538 percent to reflect the national EAP demographic profile.

    Craven said Solidarity’s claim was deduced from a published draft amendment to the Employment Equity Act that stated that in future companies should employ people guided only by national, and not regional or provincial, demographics.

    “It is Cosatu’s understanding that this amendment was ambiguously drafted, since no intention to delete ‘regional or provincial’ or to change this clause has ever been moved or even suggested by government ministers or officials in discussions around amendments to the labour laws.

    “On the contrary the government agrees that ‘coloured’ workers are under-represented in the implementation of the Employment Equity and other legislation, and the proposed amendments are intended to rectify this.”

    Craven said Solidarity was acting “opportunistically” and in the interests of the Democratic Alliance.

    He said the trade union was trying to instil fear amongst coloured workers ahead of the local government elections.

    “Cosatu strongly condemns this irresponsible propaganda.”

  • Charles

    Ja dit is te verwagte. Ek onthou nog net na 1992 se Referendum het die mense spottend gesê dat die Fillistyne die wittes in die see gaan jaag. Na agneming met die rasseteikeins vanaf 1994 tot op hede is dit besig om te gebeer. Kyk na die plaas aanvalle, hoë werkloosheid onder die blankes, jonge mense en middeljarige mense wat met hul kinders Immergreer vir ‘n beter bestaan. Dis nes ‘n tipiese leislang. Dit wurg en wurg jou tot die slang jou vas gegryp het en jy nie meer kan los kom nie. Ek weet nie. Dit is net die Here wat ons nou kan red. Ek is ‘n polisiebeampte vir 20jaar en vir die laaste amper 14jaar wag ek no al vir bevordering vanaf Adjudant na Kaptein in die Polisie. Ek het al vir oor die honderde poste vir wanneer daar geadverteer word vir bevorderingsposte aansoek gedoen. Gedurende die 14jaar is daar nie eers 1 suskses nie. Alles word verbind met rasse kwotas “die ewel”. Die antwoord wat jy kry as ek navraag doen is dat jy moet bly wees jy het nog ‘n werk.

    Dus hoekom ek sê ons besef nie hoe ernstig die hele situasie is nie want ons lewe, bestaan en toekoms word onder ons oë weg gevat. Niemand van ons is bereid om op te staan en te sê genoeg is genoeg nie.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube