Wees verantwoordelik!

Ek praat nie nou eers van al die statistiek hier by Solidariteit, soos ons afleggingstabel nie, maar sommer van al die gewone mense om my. Ek is die laaste paar weke verstom oor die hoeveelheid mense rondom my wat hulle werk verloor. As ek met vriende gesels, hoor ek van iemand wat al weer hul werk verloor het. Gisteraand kuier familie weer by ons en Johan sê hy soek weer werk.

Om eerlik te wees, sonder om onsimpatiek te klink, maar ek raak woedend kwaad vir hierdie mense!

Jou werk is die belangrikste bron van inkomste vir oorlewing! Hoekom het jy nie lankal versekering op jou werk uitgeneem nie?

Maar sê ek vir iemand: “Sluit aan by Solidariteit”, dan hoor ek net van die moeilike ekonomiese tye, en hoe hulle nou maar oral moet geld bespaar! Die ergste is, vertel ek hulle van alles wat ‘n organisasie soos Solidariteit aanpak, dan maak hulle of dit nie vir hulle so belangrik is nie. Totdat hulle ook hulle werk verloor en vinnig bel om te hoor wat hulle te doen staan. Maar dan kan Solidariteit jou ongelukkig nie meer help nie, want jy moes vir 3 maande ‘n lid gewees het, voordat ons jou kan help.

Ja, bespaar geld waar nodig! Maar wees verantwoordelik en neem versekering op jou werk uit! Ja, sluit by ‘n vakbond aan.

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube