Wat maak jou liggaam ‘n tempel?

Goed, jou liggaam is jou tempel en ek is ‘n getroue volgeling van hierdie stelling maar my mening word tog goed geopponeer. Tatoeëermerke is verkeerd…of so het ek gedink. Beskadig tatoeëermerke regtig jou liggaam so dat dit jou liggaam as ‘n tempel van God afbreek? Een reaksie wat ek al gehoor het is ”jou liggaam is jou tempel en daarom moet ek hom versier.”

Indien dinge soos rook ook sonde is op grond van “jou liggaam is jou tempel”, dan beteken dit toffies eet is sonde, teveel en te min eet is sonde en sommer elke biertjie en wyntjie ook. En voor jy weet is elke pragtige liggaamstempel wat lyk soos meneer en mevrou Suid-Afrika oppad Hemel toe terwyl ons wat soms vergeet om ons tande in die aand te borsel voor ons gaan slaap stadig maar seker besig is om ons pad Hel toe te teer. Dit is seker nou nie so erg nie, maar waar trek mens die lyn met wat afbreek maak aan jou liggaam?

Alles wat tydelik is soos grimering en hare sny is aanvaarbaar vir almal, maar deesdae kan tatoeëermerke ook afgehaal word, tongringe kan uitgehaal word en elke blink dingetjie in elke hoekie kan afgedraai word. Waar trek mens dan die lyn?

Ek dink die lyn word getrek by wanneer jy drie sesse op jou voorkop tatoeer, ‘n tongring dra wat in die vorm van twee rooi horings is of so baie rook dat jy meer afhanklik is van die siggaret om jou te kalmeer as ‘n Bybelversie.

Luister die debat hier op Solidariteit Radio waar ‘n APK dominie en ‘n voorstaander van tatoeëermerke mekaar aanvat.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • soria

    Nose rings and earings were permitted Gen 24:47, Ex 32:2 en Deut 15:16BYT TATTOOING WAS NOT PERMITTED : Lev 19:28Rom15:4 OLD T is for our learningGal6:2 We live under the law of Christ today

  • Betsy Gibson

    Die Bybel sê ook pertinent jy mag nie varkvleis eet nie!!! As ons almal by ons Bybelse beginsels gebly het, sou alles nie so ‘n gemors gewees het nie. Daar is baie mense wat rook wat ‘n groter geloof het as baie ander. Hou op om tyd te mors oor gemors en gaan lees eerder wat die Bybel regtig sê. “so by the way” ek is ‘n nie-roker!!

  • Polla

    Ek bly by my bybel beginsels, want dit is hierdie woord wat eendag vir of teen my gaan getuig, ek voeg niks by nie en ek neem niks weg nie.

  • Ansie

    Arme Johnny Depp huil seker nou nog oor WINO op sy lyf (dit was eers “Wynona” maar vroulief Vanessa wou seker nie elke dag in `n ander vrou se naam vaskyk op haar man se lyf nie!)

    Ek wonder ook soms of daardie hasie op die 20-something se magie nie op 50 soos `n kangeroo gaan lyk nie? Die wette in die Bybel is soms daar om ons teen onsself te beskerm. Mense dink nie altyd aan die gevolge van hulle dade nie.
    Dink maar aan die hakkiesdraad-koors wat ons so `n paar jaar gelede getref het.
    Sondae by die vlooimark het elke derde “dude” gespog met sy staaldraad om die arm wat beklemtoon is deur die immer gewilde help-my-sterk-lyk hempie!
    “Fast forward” 25 jaar en die grensdraad hang slap tussen die voue van tyd….




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube