Wat maak jou liggaam ‘n tempel?

Goed, jou liggaam is jou tempel en ek is ‘n getroue volgeling van hierdie stelling maar my mening word tog goed geopponeer. Tatoeëermerke is verkeerd…of so het ek gedink. Beskadig tatoeëermerke regtig jou liggaam so dat dit jou liggaam as ‘n tempel van God afbreek? Een reaksie wat ek al gehoor het is ”jou liggaam is jou tempel en daarom moet ek hom versier.”

Indien dinge soos rook ook sonde is op grond van “jou liggaam is jou tempel”, dan beteken dit toffies eet is sonde, teveel en te min eet is sonde en sommer elke biertjie en wyntjie ook. En voor jy weet is elke pragtige liggaamstempel wat lyk soos meneer en mevrou Suid-Afrika oppad Hemel toe terwyl ons wat soms vergeet om ons tande in die aand te borsel voor ons gaan slaap stadig maar seker besig is om ons pad Hel toe te teer. Dit is seker nou nie so erg nie, maar waar trek mens die lyn met wat afbreek maak aan jou liggaam?

Alles wat tydelik is soos grimering en hare sny is aanvaarbaar vir almal, maar deesdae kan tatoeëermerke ook afgehaal word, tongringe kan uitgehaal word en elke blink dingetjie in elke hoekie kan afgedraai word. Waar trek mens dan die lyn?

Ek dink die lyn word getrek by wanneer jy drie sesse op jou voorkop tatoeer, ‘n tongring dra wat in die vorm van twee rooi horings is of so baie rook dat jy meer afhanklik is van die siggaret om jou te kalmeer as ‘n Bybelversie.

Luister die debat hier op Solidariteit Radio waar ‘n APK dominie en ‘n voorstaander van tatoeëermerke mekaar aanvat.

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Leo

    Jacques, ek dink jy het met jou tweede kommentaar bietjie die punt gemis.

    Ek sou ook baie versigtig wees oor hoe en waaroor ek spekuleer. Ek sou nie eendag voor God wou staan omdat ek mense mislei het met my opinies nie.
    Leer die Vader se stem ken, dis die enigste manier om te weet presies wat Hy bedoel het toe Hy dit gesê het.

  • Jacques Mare

    So tussen haakies….wanneer laas het jy ‘n lekker tattoo op ‘n mooi lyf gesien…of is dit ‘n mooi tatoo op ‘ lekker lyf…..aaaah.
    Eerlikwaar ek verstaan nie wat die probleem is nie…nee…rerig. Met of sonder ‘n tatoo….’n lekker lyf is ‘n lekker lyf…*sigh*…

  • Jacques Mare

    Gerrit….se jou Bybel nie vir jou dat….”hy wat NIE teen ons is NIE..is VIR ons…mmmmm….moet ‘n Afrikaner Ateis nou vir jou met jou Bybel op die plek sit. Los die die geredekabel oor onbenullighede, ons mense word onderdruk, vat elke bietjie hulp wat jy kan, wie weet….miskien is hierdie ateis bereid om sy lewe op die spel te plaas vir jou. Eendag wanneer ons weer vry is, kan ons mekaar weer aanvat oor ons onderlinge verskille. Dink jy nie so nie..? Steve, net soos ek, probeer help. Moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie

  • Gerrit

    Soos 2 Kor 6:14, gaan lees bietjie… Met respek, Charl, Solidariteit kan nie voorgee dat hulle ‘n Christen-organisasie is, en dan iemand soos Steve Hofmeyer kry om vir hulle te praat nie.

  • Ben

    Wys net hoe ver her Christenskap van die Bybel af beweeg. Wat uitdruklik in die wet van God geskryf is ‘n mens nie moet doen nie, die is ok om te doen? Lees ‘n bietjie die eerste boeke in die bybel ook oor tatoeer merke. Sonde was en sal altyd die oortreding van die wet van God bly, nie ‘n dominie se issue met smokes nie.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube