Solidariteit is een groot familie met klomp kinders. Die afgelope week was almal besig op sy eie terrein. Die politieke landskap van Suid-Afrika is so ingekleur dat vakbonde ʼn prominente rol speel. Daarom is Solidariteit en sy kinders nie skaam om hul bydra te lewer in die burgerlike samelewing nie. Dit staan bekend as die krag van die kollektief en jy kan ook jou klein bydra lewer deur net ʼn lid van die vakbond te word of en van sy filiale te ondersteun. Maar kom ons kyk wat het gebeur die afgelope week.
Die gebeurtenis die week wat die verbeelding aangegryp het was die hofsaak waar kaptein Renate Barnard in die Arbeidshof die SAPD gewen het. Wat ʼn merkwaardige vrou. Ek sal haar enige dag ʼn generaal maak. Sien gallery van die dag se gebeure in die Arbeidshof en die mediakonferensie daarna.
SABC2 nuus , SABC3 news en E-News en E-News Channel het berig.
AfriForum loods sy regshulpfonds en toon die bekroonde dokumentêre film, MUGABE AND THE WHITE AFRICAN. Die hoofrolspeler Ben Freeth is in persoon daar om vrae te beantwoord. Nadat jy in persoon die film gesien het sal jy of harder veg vir jou plekkie in die Afrika son of emigreer. AfriForum samel ʼn R500 000 in vir die fonds vir litigasie. Later die week wen hul verdere ʼn hofsaak teen Zimbabwe regering.
Sol-Tech het goeie nuus ontvang. Drie finalejaar Sol-Tech-studente het onlangs as gereedskapmakers gekwalifiseer. Hierdie is die eerste studente wat kwalifiseer nadat hulle die volle opleidingstydperk by Sol-Tech deurgebring het.
Kollektief is die vakbond soos ʼn seekat en daar is deurlopend onderhandelings aan die gang. Tans is dit by die Graanbedingsraad, Metorex, Netcare en Denel.
Die Solidariteit Helpende Hand loods ʼn teen pornografie veldtog teen M-Net se MultiChoice. Wye ondersteuning word uit die vermaaklikheid bedryf ontvang. Die veldtog druk vir:Nee vir pornografie.
Steun die veldtog hier. Sê nee vir pornografie
Solidariteit loods ʼn video Die stories van mense wat die president nie wou hoor nie. Die kort en die lang weergawes word bykans 1000 keer besoek op Stube. Briewe vir die president staan ook nou op 50 471. (Kyk na die krag van die kollektief).
As mens na Vrydag se Beeld kyk lyk dit soos volg. Op die voorblad is: Stories wat die president nie wou hoor. Met ʼn foto van die anker aanbieder Steve Hofmeyr en Maria Rasello wat hy troos. Ook op die voorblad is: Bekendes trek te velde teen porno-plan vir TV.
Op bladsy twee is ʼn foto en artikel van ʼn groep uitgelate Zimbabwe boere saam met Kallie Kriel van AfriForum nadat hul die hofsaak gewen het.
Op bladsy vier van Beeld word die video bespreek en Steve Hofmeyer maak die opmerking: Die Zuma wat hy ken, sou briewe gevat het.
In die middelblad is ʼn artikel van Frans Cronje oor die lesing wat hy die eerste keer aangebied het by die ABN scenario beplanningswerkswinkel oor hou regstellende aksie dalk onbedoeld wit mense bevoordeel. ʼn Omstrede lesing maar goed om van kennis te dra. Die funksie is deur Solidariteit en ander Afrikaner organisasies gehou om vir die toekoms te beplan en daar gaan nog ʼn reeks werkswinkels plaasvind. Die volgende Dinsdag en Woensdag. Lees vorige blog.
Dan kom mens by die rubriek van die redakteur van die Beeld, Tim du Plessis met die titel: Dit gaan nog vrolik raak. Hy begin die rubriek met die volgende. Ek gesels graag met Flip Buys. Hy’s tegelyk ʼn dinker en ʼn doener – nogal ʼn seldsame kombinasie. Sy brein werk in toekomsprentjies., baie strategies. Hy’s die heeltyd besig om scenario’s te sien en plannetjies te maak.
Lees mens die bogenoemde pluimpie oor Flip Buys besef jy hoekom is Solidariteit so besig in een week. Jy sien ook dat dit ʼn raamwerk is wat op vele terreine hul kant bring om ‘n verskil te maak. Het die tyd nie aangebreek dat jy ook ʼn kaart draande lid van die vakbond word nie. Dit is immers die taal wat in Suid-Afrika gepraat word. Die krag lê in die kollektief.
Geen verwante artikels nie.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.