Cosatu en die ANC is weer aan die stry. Hierdie keer is die ANC vies vir Cosatu se Zwelinzima Vavi omdat hy wil weet hoekom het minister Sicelo Shiceka op sy cv gejok. Verder is hy vies omdat minister Siphiwe Nyanda vir duisende rande onnodig in ʼn luukse hotel in Kaapstad gebly het. Genoemde sake is belangrik dat nie net Vavi ʼn antwoord kry nie maar die hele Suid-Afrika.Nou gaan hy egter verhoor word as ANC lid. As mens terugdink na die Julius Malema verhoor oor veel erger aanklagte kan dit ʼn grap word. Maar dit is seker die luukse wat betaal moet word om in ʼn drie party alliansie te wees.
Lees ook: The split in the ANC. Soos verwag is Cosatu soos een man agter Vavi. Lees Sapa .









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.