Wanneer jy die polisie begin vrees. . .

. . . dan moet jy weet daar skort iets! Ek en my man woon op ‘n plaas in Donkerhoek, oos van Pretoria. Ons val binne die Boschkop Polisiëringsgebied. Enige iemand wat in Pretoria en omliggende area woon of die gebied ken weet dat die area bekend is vir sy misdaad. (Goed, ek weet, so ook seker meeste ander dele van die stad, maar nou ja…)

Hoe dit ookal sy. Die ander dag lees ek ‘n storie van hoe ‘n persoon by die Boschkop-polisiestasie opgedaag het om dokumente te laat sertifiseer of iets en toe met skok besef dat een van die polisiemanne wat agter die toonbank staan die einste kalant is wat saam met sy makkers in ‘n rooftog by die man se besigheid berokke was.

Kan jy dit glo? Ek hoor ook dat daar tans sowat 10 000 polisiebeamptes in aanhouding is vir misdade wat hulle na bewering by betrokke was. Hoe kan ons die polisie vertrou as misdaad onder polisielede nou duidelik algemeen geword het?

Terug by my storie: Aangesien ons in die Boschkop-area woon sien ek nou gereeld die stasie se voertuie rondry. Die ander aand het ek en my man laat eers tuis gekom. Toevallig draai ‘n bakkie voor ons af op dieselfde grondpad as waarmee ons moet ry. Toe ek egter sien dat dit ‘n bakkie van die Boschkop-stasie is, het my maag dadelik in my keel gaan klop, want al die gedagtes van die een lid van die stasie wat by ‘n roof betrokke was het dadelik in my kop begin maal.

Dit is jammer dat ons in ‘n land woon waar om ‘n polisievoertuig in die middel van die nag teë te kom vrees in plaas van ‘n gevoel van veiligheid by ‘n mens aanwakker. Dit is jammer dat ek met ‘n groot spoed eerder verby die polisiewa gejaag het om lank voor hom by ons afdraai te kan kom, om sodoende veilig agter die drie elektroniese sekuriteitshekke te kom. Dit is jammer dat ek moet bang wees dat die polisiewa skielik voor my gaan ankers aanslaan op hierdie stil grondpad en ons gaan oorval. Maar dit is duidelik – wanneer jy die polisie begin vrees moet jy weet daar skort iets, iets groot!

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Susan Heyneke

    Die polisie, metro polisie, weermag, almal doen misdaad, en die ergste van alles dit word in uniform gedoen. Hoe vertrou jy ‘n blou of bruin uniform as hul jou van die pad aftrek? Mens wil nie stop nie, want is dit regtig die metro polisie, of misdadigers wat jou wil hijack? Kyk bietjie Carte Blanch as jy wil sien hoe korrup hul geword het, hoeveel vrouens deur mans in uniform aangerand word as hul juis hulp soek. Skokkend !
    Jammer ek kan geen man of vrou in uniform vertrou nie.

  • Charl

    Is dit nie ‘n geval dat die Polisie ( en ook die ander Dienste – Gevangenis, Weermag ens) nie meer ‘n roeping is nie? Dit wil my voor kom as ons na die SAP lede kyk en probeer praat, dit meer ‘n geval is dat hulle nie ander werk kon kry nie en nou hier is vir die sekuriteit, elke maad ‘n salaris, mediesm pensioen ens. Dalk kan hulle dan nou sommer die kennis wat hulle opbou van die misdadigers ook sommer slef probeer, dalk is dit in elke geval meer in hulle kraal as die werk …
    Owen

  • MSJvV

    Dit is maar die natuurlike neiging — die natuurlike gene. Ons kan maar redeneer soos wat ons wil — daar was nie so baie kriminele elemente in die polisie toe die meerderheid polisie wit was nie. Die meenste polisie was toe baie trots daarop om `n polisieman te wees. Baie klein seuntjies van jare gelede wou `n polisieman word.
    Nou is die blou uniform net `n skans om agter weg te kruip en `n krimineel te wees. Ek wonder partykeer hoeveel van die heedendaagse polisie was vroeër kriminele.

  • Johann

    Jy is reg, na `

  • basie mallinson

    en hoeveel kan ons op die gereg staatmaak. die grootste skelms sit in die parlament.sterkte en viva afrikaans




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube