“Use it or lose it”

So asof daar ‘n raps op die hand gaan kom, sê die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vandag toe dat die boere wat grond deur die grondhervormingsprogram gekry het en nie die grond na wense benut nie, dit grond sal verloor.

Sekerlik die slimste ding om te doen in die situasie wat ons almal met eerlikheid kan sê ‘n fiasko is. Tog wens ek dat hierdie helderheid voor die gemors ingesien kon word. As ‘n hardwerkende boer, wat al vir generasies ‘n goeie lewe uit boerdery maak op die stuk grond, sy grond gebruik word daar nie gesê “use it or lose it” nie. O nee, dit is net “tata goeie plaas”! En dit al het hy die plaas en die grond gebruik soos dit hoort.

Wat van die ander dinge in ons land waar daar so ‘n gemors is? Gaan daar vir die munisipaliteite wat ‘n gemors maak van dienslewering regoor die land gesê word: “Use it or lose it”? Oftewel as julle nie die ding kan bestuur nie, verloor julle die mag om dit te doen?

Gaan daar vir die Polisie gesê word – ja, julle het die mag om misdaad te bekamp, gebruik daardie mag, maar as julle dit nie gebruik nie sal julle dit verloor?

Dalk het die munisipaliteite en die Polisie en al die ander gemorsmakers reeds “verloor” want as ons kyk na die protesoptogte in dorpe oral oor en ons kyk na hoe gemeenskappe reg in eie hande begin neem vir misdade wat gepleeg word  lyk dit wel so! Dalk is dit die enigste uitweg om die “mag” wat eintlik in die hande van die regering lê weer terug te neem, want dit lyk duidelik nie asof hulle dit reg gaan gebruik nie!

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube