Ek het nog altyd van toorkunstenaars gehou as kind en gedink tradisionele toordokters is maar dieselfde. Ek moes eenvoudig gaan uitvind wat Sangomas en toordokters doen en hoe hulle my sal kan help. Die advertensies belowe geluk, liefde, welvaart en die toordokters beweer hulle kan selfs kroniese siektes genees. Ek het drie toordokters gekontak en uitgevind watter toorkunsies en towerspreuke hulle beskikbaar het, hoeveel dit kos en hoe dit werk. Die een kan my binne drie dae laat trou vir R750, die ander gaan my finansiele probleme in ‘n oogwink verwyder vir slegs R450 en die laaste een sal verseker dat geen negatiewe goed verder in my lewe gebeur nie. Wat ‘n winskopie!
Luister Vrydag om 12:00 na Perspektief op www.solidariteitradio.co.za of laai die program na die uitsending van die webtuiste af. Die redakteur van die Home Handyman tydskrif deel wenke oor hoe om dinge om die huis self te doen, Chalize leer ons van CJ Langenhoven se gesegdes en Marnia vertel ware verhale van seerowers. Skakel elke Vrydag in en raak deel van die gesprek.
Laat weet my as daar enige iets is wat julle sou wil hê ek in Perspektief moet ondersoek, iemand wat ek moet bel of iets waarin julle belangstel.









0 Reaksies op “Toordokters, seerowers en CJ Langenhoven”
Lewer Kommentaar