Tonne kos tydens Winterhoop-projek uitgedeel

Duisende armes regoor Suid-Afrika het vanjaar baat gevind by Solidariteit Helpende Hand se Winterhoop-projek. Volgens ʼn verslag wat onlangs deur die Amerikaanse navorsingsmaatskappy Gallup vrygestel is, het 56% van Suid-Afrikaners in ʼn meningspeiling aangedui dat hulle gedurende 2008 nie altyd genoeg geld gehad het om kos te koop vir hulself en hulle gesinne nie. In 2009 het 55% van Suid-Afrikaners dieselfde aangedui. Die resultate is gebaseer op 1 000 onderhoude wat aangesig tot aangesig met Suid-Afrikaners gevoer is.

SABC2 se Fokus kyk na blanke-armoede. Kyk deel 1 en deel 2.

Lees Beeld. Kyk Stube. Luister Radio Pretoria onderhoud.

Verlede jaar het Solidariteit Helpende Hand ook ‘n Reddingsdaadkongres gehou om die kwessie van blanke-armoede aan te spreek.


Die afgelope twee maande het Helpende Hand se 91 takke 85 ton kos en ander lewensmiddele aan armes landswyd versprei. Die organisasie het sedert die begin van die jaar ongeveer 217 ton kos aan behoeftiges uitgedeel.

Helpende Hand het vanjaar saam met verskeie kerke en welsynsorganisasies landswyd aan die projek deelgeneem. Dit is vanjaar die tiende jaar wat die projek die nood onder honderde armes tydens die wintermaande verlig.

Tydens die afskop van die projek op 1 Junie het plaasboere van Hoopstad in die Vrystaat hulle harte oopgemaak en meer as ʼn ton vleis, 30 ton mieliemeel en groente aan armes in die Pretoria-omgewing uitgedeel. Meer as 4 500 armes van 45 wit informele nedersettings het baat gevind by die skenking.

In die Wes-Kaap is daar tydens Winterhoop ook honderde truie, mussies, komberse en serpe in stede soos George, Bothasig, Mosselbaai, Paarl en Ceres versprei. Helpende Hand het ook ʼn tuimeldroër, kontant en ʼn bababed aan ʼn veiligheidshuis in Kaapstad oorhandig as deel van die Winterhoop-projek.

In die Oos-Kaap is talle komberse, beddegoed en ander middele ook versprei in Despatch, Oos-Londen en Port Elizabeth.
Helpende Hand het die afgelope drie maande kospakkies ter waarde van R131 000 in Springs aan gewese werknemers van die Grootvlei-myn uitgedeel. Sowat 4 000 mynwerkers by die Grootvlei- en Orkney-myne is werkloos nadat die Aurora-mynbestuur hulle in die steek gelaat het.

“Baie van hierdie mense sou nie kos gehad het in die koudste tydperk van die winter as dit nie was vir Helpende Hand se ruimhartige skenkers was wat hulle oor die lot van armes ontferm het nie,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. Volgens hom is die winter egter nie verby nie en talle armes het nog dringende hulp nodig.

Bekende demograaf prof. Flip Smit reken dat 600 000 Afrikaners reeds besig is om in armoede te verval. “Dit het tyd geword om self verantwoordelikheid te neem om die groeiende armoede onder Afrikaanssprekendes aan te pak,” sê dr. Langner.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • mh77

    Sluit aan by Solidariteit

  • Anita Smith

    Dit is ‘n voorreg en baie groot genade om in ‘n posissie te wees om te kan gee. God gebruik ‘n klein bietjie geloof om groot dinge te laat gebeur: bv. Matt: 8 waar Jesus die Offisier se slaaf genees het. Daar is nog vele meer – Christen-volk glo en hou moed!

  • estee raath

    Is daar in KZN so n tak sodat ons daar betrokke kan raak en kan help?
    Groete Estee

  • Christie Ryker

    Ek voel trots om aan so ‘n wonderlike unie te behoort. Ek bid God se seën op wat Solidariteit doen, en ek glo wel dat God se seën inderdaad op Solidariteit rus.
    Ongelukkig word ons geblok om die groen gedeeltes oop te maak.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube