Vanoggend vra die Solidariteit Beweging Facebookvriend Tienie Visser die volgende vraag: Die tolhek storie ? Motoriste moet net deur ry en nie betaal nie. Dit sal interessant om te sien hoe die owerhede die geld uit ons kry. ( liefdevolle weerstand ) wat ʼn regering ! Het iemand ʼn ander voorstel ?????? Ek vra maar net !
Ek besef Tienie is reg. Almal is ongelukkig. Van Cosatu tot die VF+ met die taxi’s en sakemanne in die mengsel. Soos goeie Suid-Afrikaners het ons gekyk hoe word die tolhekke gebou rondom Gauteng en begin wonder. In 2007 was ons so bietjie pro-aktief soos AfriForum wat beswaar aangeteken het.
Toe die naweek bars die groot bom met die tariewe, volblad advertensies wat dit jou gaan kos en die besware dat niemand dit kan bekostig nie.
Twee foute is gemaak. Daar is nie vooraf wyd gekonsulteer nie. Verder bestaan daar nie sinvolle alternatiewe roetes nie. Fout een het die regering besef en gaan nou ʼn gesprekke voer met ʼn beraad. Dit is soos om ‘n pleister op te plak as jou arm gebreek is. Maar iewers het ʼn slim prokureur in hul oor gefluister dat hul dit moet doen anders begaan hul fout twee wat die skep is van alternatiewe roetes.
Soos alle goeie staatsdepartemente het hul reeds groot aangejaag want die tolhekke is gebou maar die konsultasies is nie gevoer nie. En daar is nie gekyk wat vra die wet nie. So om fout twee te vermy is hulle nie lus vir een of ander groep met ʼn diep sak wat hulle tot in die konstitusionele hof litigeer nie.
Daarom sal hul die taxi’s gelukkig hou. Hulle is darem altyd ʼn groot pyn as hulle oorneem. Of ander partye soos by Aarto kan saamstaan oor beleid en ekonomiese verskille moet nog gesien word. Die groepe is altyd so lief om in mekaar se oë te kyk en te wag vir iets. Of as ek vir Mahatma Gandhi kan aanhaal: “You may never know what results come of your action, but if you do nothing there will be no result
Dit bring my by die gewone man op straat of Tienie se voorstel. Die ou gaan skielik elke maand R800 tot R1000 konserwatief uit sy sak betaal as hy tussen Pretoria en Johannesburg pendel waarop hy nie begroot het nie. Die antwoord van beswaar lê in stille protes. Ek gee net die teorie soos wat Gandhi dit toegepas het en beantwoord nie die vraag of Suid-Afrikaners kan saamstaan nie.
Eers het Gandhi sy tande in Suid-Afrika geslyp. Dit was om vir die Indiërs hier burgerregte te kry. Die poel het egter vir hom te klein geraak en hy is Indië toe. Daar het Brittanje in 1930 ʼn soutbelasting ingestel. Gandhi en sy volgelinge het toe vir 400 km vreedsaam gestap en orals waar hul gekom het die bevolking aangeraai om nie die soutbelasting te betaal nie. Die ongehoorsaamheid en die bewegings wat Gandhi later gevorm het, het tot Indië se onafhanklikheid van Brittanje gelei.
Indien niemand die sogenaamde e-tag koop of registreer waarop die tolhekke funksioneer nie gaan daar ʼn probleem wees. Die vraag moet ook gevra word hoe gaan die tolpaaie beveilig word. As jy in ‘n parkade parkeer word daar gekyk na jou kar. As jy nou ten duurste op die paaie gaan ry is die fasiliteit in plek dat jou kar die hele tyd beskerm word deur kameras en patrollies? Is verkeersknope iets van die verlede? Dit was mos die groot belofte met die opgradering van die paaie.
Lees gerus die Mail & Gaurdain of Sunday Times wat oor minder as ʼn jaar tenderbedrog ontbloot met die opknapping en bedryf van die tolhekke. Aan die ontvangkant van jou tolgeld is ‘n ryk ANC-kader en sy familie.
![images[1]](http://www.solidariteit-blog.co.za/wp-content/uploads/2011/02/images1.jpg)









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.