“Terug-gereedskap-toe-dag” saam met Sol-Tech

Sol-Tech “terug-gereedskap-toe-dag”  gehou waar die bestuur van Solidariteit en Sol-Tech  die dag in die lewe van ʼn Sol-Tech student uit eie ervaring beleef het. Dit was T-hemp en denim aantrek vir Flip, Dirk, Elbie en Paul en die res wat die ondervinding meegemaak het.

Kyk S-Tube video oor Sol-Tech se opening vir die tweede semester.


Sol-Tech het uitsonderlik gegroei in die laaste twee jaar. In 2007 is daar begin met 64 elektriese studente en 3 lektore.  In 2008 is daar uitgebrei na vier studierigtings met 296 studente. In 2009 het die studentetal gegroei na 371 en vir 2010 staan die studentetal oor meer as 500 studente. Daar is in 2007 begin met 3 personeellede en vandag is daar 33 personeellede.  Die personeel is hoogs gekwalifiseerd met kwalifikasies soos Meestervakmanne en Meestergrade op Universiteit.

Die studente kry opleiding op toerusting wat aangekoop is vir meer as R15m danksy die Solidariteit Groeifonds. Die meeste van die toerusting is egter self deur van die lektore gebou en aangepas wat daarop ʼn vervangingswaarde van meer as R25m plaas.

Die oorspronklike Sol-Tech-fasiliteit was by die Solidariteit-hoofkantoor in Kloofsig, Centurion. Met die groot groei was dit egter gou te klein. Daar is nou vyf uitstekend toegeruste werkswinkels in Booysens en in Hermanstad met klaskamers, PLC, elektroniese en rekenaarlokale asook ʼn administratiewe kantoor.

Die nuwe kampus se grond is reeds aangekoop langs die Waterkloof-lugmagbasis. Daar word tans gewerk aan die grondplanne en die beplanning vir die bou van die kampus asook fondsinsameling.

Ope Dag

Sol-Tech se jaarlikse ope dag vind plaas op 11 September 2010.  Kom ontmoet ook die dinamiese span van Sol-Tech.  Alle belangstellendes moet 9:00 uur by Hoërskool Hercules aanmeld.  Tydens die geleentheid sal alle belangrike inligting rakende Sol-Tech aan die voornemende ouers en studente gekommunikeer word.  Toelating tot die kollege berus op die uitslag van ‘n keuringstoets wat direk na afloop van die formele program geskryf sal word. 

Na afloop van die keuringstoets het voornemende ouers en studente die geleentheid om die naby geleë werkswinkels van Sol-Tech te besoek. Bring gerus oumas, oupas ooms, tannies en kinders saam om te kom kyk.  Worsbroodjies en koeldrank sal te koop wees.

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Reint Dykema

    Hallo Judy

    Ek wil eerstens verskoning vra dat jy onder die indruk verkeer het dat jou navraag nie prioriteit by ons geniet het nie. Aangesien hierdie opsie om te kan kwalifiseer, ʼn eenmalige aanbod van die SETA aan ons gewees het, kan ons dit tans nie weer so aanbied nie. Ek vermoed dat die inligting hieroor op ʼn argief-blad van die webwerf behoue gebly het en ek het die IT-departement versoek om alle info rakende hierdie saak van die webblad te verwyder. Wat ek ook verder gedoen het was om die SETA te raadpleeg oor enige ander uitweë wat voorgestel kan word, maar ek het nog nie terugvoer van hulle onvang nie. Daar is opsies maar ek stel voor dat jy my skakel wanneer dit jou pas en daar kan ek agtergrond by jou kry om iets voor te stel. Ek kan jou frustrasie voorstel toe jy dringend aanklop vir hulp en nie terugvoer kry nie.

    Skakel gerus, dan kyk ek hoe ons jou kan help

    Vreindelike groete

    PHILIP MINNAAR
    AFD. HOOF: DIESEL & ELEKTRIES
    012-7555687 X15
    082 628 3902

  • Judy van der Linde

    Wil graag inligting bekom vir tegniese opleiding vir my seun (16jr). Het verskeie kere die kantoor no geskakel, kom nie deur. Het ook al ‘n e-mail gestuur, ook nie terugvoer gekry. Help sal opreg wardeer word.

    Baie dankie!!
    JUDY

  • Dinah Theron

    Elbie en Paul – Baie dankie vir ‘n ongelooflike lekker verrassing. Ons het die aanbieding en klasse verskriklik baie geniet. Dankie vir wat julle vir ons jongmense doen en beteken. Dinah (Solidariteit Helpende Hand)

  • Paul van Deventer

    Dit was ‘n voorreg om die studente ondervinding te deel en die puik werk wat die Sol-Tech personeel doen eerstehands te ondervind. Paul




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube