Bladsy 1 van 212

Sleutelwoord Argief vir 'werksgeleenthede'

Die idee van ʼn “Jobs Fund” is inherent problematies

Die regering se sogenaamde “Jobs Fund” van R9 miljard, wat deur die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika geadministreer word, is vandeesweek in die nuus oor aantygings dat dit tot dusver R3 miljard uitbetaal het en slegs 745 werksgeleenthede “geskep” het, teen ʼn koste van R4 miljoen per werksgeleentheid. Die regering het teruggekap dat daar wel tot dusver R3 miljard van die R9 miljard bewillig is, maar dat dit “teen 2015 meer as 65 000 nuwe permanente werksgeleenthede sal veroorsaak”.

Die regering se verweer en die syfers daarin klink asof dit heel skaflik is, aangesien dit neerkom op ʼn uitgawe van slegs sowat R46 000 per werksgeleentheid, wat darem nie te buitensporig is nie. Daar is egter steeds ʼn inherente probleem in die hele denkwyse rondom die “Jobs Fund”.

Die vraag is: Waar kom die R9 miljard vandaan en wat sou andersins daarmee gebeur het? Lees verder ‘Die idee van ʼn “Jobs Fund” is inherent problematies’

Werkloosheid in Suid-Afrika – Grafiek

Werkloosheid is in Suid-Afrika tereg ’n veelbesproke onderwerp. Ten spyte daarvan (of dalk juis as gevolg daarvan) word wyd uiteenlopende syfers dikwels rondgegooi wanneer dit by die werkloosheidskoers kom. Die meegaande grafiek sit die situasie, soos deur Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname (Quarterly Labour Force Survey) gemeet, uiteen.
Lees verder ‘Werkloosheid in Suid-Afrika – Grafiek’

Formele indiensname stagneer in eerste kwartaal

Die opname wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) kwartaalliks onder besighede in die formele sektor (landbou uitgesluit) doen om hul indiensnamevlakke te bepaal, in Engels bekend as die Quarterly Employment Statistics (QES), toon dat indiensname in die formele sektor in die eerste kwartaal van 2012 gestagneer het. Die verskil tussen die indiensnamesyfer van 8 379 000 vir die vierde kwartaal van 2011 en die 8 384 000 vir die eerste kwartaal van 2012 is maar ’n skamele 5 000, wat statisties eintlik onbeduidend is.
Lees verder ‘Formele indiensname stagneer in eerste kwartaal’

Eerste kwartaal se werksyfers stel teleur

Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat vandeesweek bekendgestel is, het die hoop op ’n volgehoue styging in totale indiensneming in Suid-Afrika verydel. Ná die skerp daling in 2009 tydens die resessie het vlakke van indiensneming, ten spyte van ’n oplewing in ekonomiese groei, vir twee jaar feitlik konstant gebly. In die derde kwartaal van 2011 was daar egter ’n rekordstyging, met nog ’n styging in die vierde kwartaal. In die eerste kwartaal van 2012 het die aantal werkende mense egter weer met 75 000 teruggesak.
Lees verder ‘Eerste kwartaal se werksyfers stel teleur’

Indiensname in die formele sektor – 2008 en nou

Met die #StopAbsa-veldtog wat die kollig op werkverliese plaas, is dit insiggewend om ondersoek in te stel na hoe die arbeidsmark tans daar uitsien vergeleke met 2008, voor die groot werksverliese wat met die resessie gepaard gegaan het.

Een goeie bron van inligting oor die formele arbeidsmark is Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnamesyfers (Quarterly Employment Statistics, of QES). Dit is ʼn opname wat onder werkgewers gedoen word en hoewel dit nie die hele arbeidsmark omvat nie, is die algemene tendense wat in die QES se data voorkom goeie aanduidings van wat in die arbeidsmark aangaan. Die jongste beskikbare syfers is vir die vierde kwartaal van 2011.
Lees verder ‘Indiensname in die formele sektor – 2008 en nou’

Laer werkloosheid welkom, maar moenie te gou juig

Die amptelike werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van 2011 tot 23,9% gedaal vanaf 25% in die derde kwartaal. Ook die uitgebreide werkloosheidskoers het van 36% tot 35,4% gedaal.

Die grafiek toon egter waarom daar nie te vroeg hieroor gejuig kan word nie. Lees verder ‘Laer werkloosheid welkom, maar moenie te gou juig’

Bladsy 1 van 212



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube