Bladsy 1 van 5123...Laaste »

Sleutelwoord Argief vir 'werkloosheid'

Indiensname nog nie terug by vorige vlakke nie

Die jongste syfers toon dat Suid-Afrika nog nie weer die vlakke van indiensname bereik het wat voor 2009 se resessie behaal is nie. Hoewel daar oor die afgelope drie jaar wel ʼn geleidelike toename in indiensname was, is daar steeds ʼn agterstand wat ingehaal moet word. Die groot probleem bly steeds struktureel van aard, soos dat die opleiding- en vaardigheidsvlakke van ʼn baie groot deel van Suid-Afrika se bevolking nie op ʼn goeie peil is nie, tesame met faktore soos die voortslepende onsekerheid oor die beskikbaarheid van voldoende elektrisiteit.
Lees verder ‘Indiensname nog nie terug by vorige vlakke nie’

Nog hoër plaaslone in die vooruitsig in 2014 en 2015

Wingerde in die Stellenbosch-omgewing.

Buiten die wydverkondigde verhoging van minimumlone in die landbousektor vanaf R7,71 per uur tot R11,66 per uur, het die departement van arbeid ’n verdere verandering aan die minimumloonbepaling gemaak wat na alle waarskynlikheid in die toekoms belangrike implikasies sal hê.

Die minimumloonbepalings is meestal meerjarige bepalings, en die jongste een is geen uitsondering nie. Die volgende twee jaar se verhogings in die minimumloon op plase word ook daarin voorgeskryf. Lees verder ‘Nog hoër plaaslone in die vooruitsig in 2014 en 2015′

Die idee van ʼn “Jobs Fund” is inherent problematies

Die regering se sogenaamde “Jobs Fund” van R9 miljard, wat deur die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika geadministreer word, is vandeesweek in die nuus oor aantygings dat dit tot dusver R3 miljard uitbetaal het en slegs 745 werksgeleenthede “geskep” het, teen ʼn koste van R4 miljoen per werksgeleentheid. Die regering het teruggekap dat daar wel tot dusver R3 miljard van die R9 miljard bewillig is, maar dat dit “teen 2015 meer as 65 000 nuwe permanente werksgeleenthede sal veroorsaak”.

Die regering se verweer en die syfers daarin klink asof dit heel skaflik is, aangesien dit neerkom op ʼn uitgawe van slegs sowat R46 000 per werksgeleentheid, wat darem nie te buitensporig is nie. Daar is egter steeds ʼn inherente probleem in die hele denkwyse rondom die “Jobs Fund”.

Die vraag is: Waar kom die R9 miljard vandaan en wat sou andersins daarmee gebeur het? Lees verder ‘Die idee van ʼn “Jobs Fund” is inherent problematies’

“Plaaslike kollektiewe bedinging” is maar net “bedinging”, minister Davies!

Rob Davies, die minister van handel en nywerheid en ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) se sentrale komitee, word in 20 November se Business Day aangehaal waar hy sê dat ʼn stelsel van “plaaslike kollektiewe bedinging” in landbou gebruik kan word, sodat plase wat finansieel goed doen, hul werkers meer kan betaal en plase wat finansieel nie so goed doen nie, hul werkers minder kan betaal. Dit is in teenstelling met die huidige bedeling waar die regering op ʼn minimumloon besluit wat deur alle plase betaal moet word, of dit nou ʼn spoggerige plaas is wat in die geld rol, of ʼn sukkelende plaas waar elke sent drie keer omgedraai word.

Minister Davies se voorstel is (anders as sy idees rondom swart ekonomiese bemagtiging) eintlik ʼn baie goeie een. Dit is só goed dat dit die vermoede laat ontstaan dat hy dalk verkeerd aangehaal is, of as hy reg aangehaal is, dat hy eintlik nie besef wat hy voorstel nie. Lees verder ‘“Plaaslike kollektiewe bedinging” is maar net “bedinging”, minister Davies!’

Swaar dra al aan die een kant

Dit gaan al hoe swaarder met ons mense. Die petrolprys is hoog, die kospryse styg, mediesefonds-tariewe en versekeringspremies skiet die hoogte in. Werkloosheid is ʼn realiteit waarmee al hoe meer mense gekonfronteer word.

Oral waar mens gaan kla almal oor die stygende pryse. Al hoe meer mense sukkel om kop bo water te hou. Grappenderwys word daar gespot daarmee dat hulle onder die broodlyn leef.

Lees verder ‘Swaar dra al aan die een kant’

Werkloosheid in Suid-Afrika – Grafiek

Werkloosheid is in Suid-Afrika tereg ’n veelbesproke onderwerp. Ten spyte daarvan (of dalk juis as gevolg daarvan) word wyd uiteenlopende syfers dikwels rondgegooi wanneer dit by die werkloosheidskoers kom. Die meegaande grafiek sit die situasie, soos deur Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname (Quarterly Labour Force Survey) gemeet, uiteen.
Lees verder ‘Werkloosheid in Suid-Afrika – Grafiek’

Bladsy 1 van 5123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube