Ons is ‘n paar vriende wat gisteraand op die ingewing van die oomblik besluit om Dros toe te gaan, net om bietjie uit te kom na ‘n lang dag by die werk. En daar is mos ‘n lekker ontspanne atmosfeer by die Dros!
Ek het nou wel nie die stilste vriendekring in Suid-Afrika nie, maar ek wed daar is duisende wat meer kan lawaai as wat ons het. En dis nie asof ons gevloek en skel het nie.
Sleutelwoord Argief vir 'wêreldbeker'
Ek is oor die algemeen nie juis negatief oor die Wêreldbeker wat na ons land toe kom nie. Inteendeel – dit kan goeie geleenthede vir ons land bied, soos vir die toerisme ens. Ek dink wel die stadions wat gebou is, is ietwat uitspattig, want ons het mos goeie stadions wat maar net opgeknap kon word sou hulle dink dit is nie voldoende nie (ek meen hulle kon dit doen met Loftus).
Wat my wel woedend maak is die euwels wat saam met die derduisende mense na ons land gaan stroom. Vandag kondig die Central Drug Authority ook toe mos aan dat daar na verwagting 40 000 prostitute na ons land kom vir die “besigheid” tydens die Wêreldbeker! Kan jy dit glo? 40 000? Dan reken ons nie eens die derduisende prostitute in wat in ons land is nie.
Nou kyk, daar is nie vir my oor hierdie kwessie ‘n grys area nie. ‘n Vrou wat sê sy MOET dit doen om te oorleef, praat twak! Mense wat sê “shame” hulle moet oorleef – praat nog groter twak! Soos ek sê daar is NIE ‘n grys area nie – en praatjies van die wettiging van dié eeue oue euwel laat my kriewel van woede.
Rubriek van Ferdi Greyling in Beeld vanoggend: klik hier.








