Sleutelwoord Argief vir 'VSA'

Wie weet hoeveel is 13 triljoen?

Die Amerikaners weet van skuld maak. Sedert Barack Obama president van die VSA geword het, word die land se skuldlas selfs teen ‘n hoër tempo groter as toe George (Big Spender) Bush president was. Die Amerikaanse regering se skuldlas het sopas die $13 triljoen merk verbygesteek. Sjoe! Hoeveel is 13 triljoen? Wel om jou ‘n idee te gee: Dit is so 26 keer meer as wat die hele Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk is!

Die VSA se skuldlas neem tans teen meer as R4 miljard per dag toe en indien die skuld tussen die land se 308 miljoen inwoners verdeel word beteken dit dat elke Amerikaner meer as $42 ooo skuld. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van Amerikaners is $46 000! Indien alle Amerikaners dus vir 11 maande land hul volle salarisse aan die staat skenk sal hulle dalk hulself uit die skuldlas kan bevry. Waarvan hulle egter dan gaan leef om nie eers te vra hoe hulle hul groot Chevy, Ford en Dodge-bakkies gaan betaal nie, bly natuurlik ‘n opevraag.

Amerikaanse werkloosheid daal, huispryse styg

Click op die grafiek om dit te vergroot

Click op die grafiek om dit te vergroot

.

.

.

.

.

.

.

Verlede week het die Buro van Arbeidstatistieke in Amerika in hul jongste opname bekendgemaak dat die Amerikaanse werkloosheidskoers vir die eerste keer sedert April 2008 gedaal het (afgesien van ʼn minimale, kortstondige daling in Julie vanjaar). Die amptelike werkloosheidskoers was in November gelyk aan 10% (Suid-Afrika sʼn is tans 24,5%), teenoor die 10,2% van die vorige maand. Die verbetering in die syfers (stygings in indiensname of heelwat kleiner dalings as voorheen) was op ʼn breë basis en was nie beperk tot ʼn spesifieke sektor van die ekonomie nie. Dit verteenwoordig 325 000 minder mense in die “werklose” groep in daardie land, met 227 000 mense wat in die “werkende” groep inbeweeg het, terwyl die grootste deel van die res uit die “werklose” kategorie beweeg het na die kategorie van “marginaal aan die arbeidsmag verbind”.

Volgens die Amerikaanse definisie is mense wat “marginaal aan die arbeidsmag verbind” is diegene wat beskikbaar is om te werk en wat wel in die afgelope 12 maande na werk gesoek het, maar wat om verskeie redes nie in die maand waarin die opname gedoen is na werk gesoek het nie. Hierdie definisie stem rofweg ooreen met Statistiek Suid-Afrika (StatsSA) se definisie van “ontmoedigde werksoekers”. Indien hierdie werksoekers wat marginaal aan die arbeidsmag verbind is, ingesluit word by die werklose bevolking, en die breë werkloosheidskoers vir die VSA uitgewerk word, het dit gedaal van 11,6% na 11,3% (Suid-Afrika se vergelykbare koers is tans 31,1%).

Lees verder ‘Amerikaanse werkloosheid daal, huispryse styg’

VSA se motorverkope tref ‘n muur

Die jongste statistieke toon dat die herstel in die Amerikaanse motormark oor die afgelope paar maande feitlik uitsluitlik deur die regering se “cash for clunkers”-skema (amptelike naam: Car Allowance Rebate System) gedryf is. Dit het behels dat die Amerikaanse regering gemiddeld $4 170 van ʼn nuwe, brandstofdoeltreffende voertuig se koopprys subsidieer indien die koper daarvan ʼn ou voertuig laat vernietig by ʼn skrootwerf. Dit is gedoen om die motorbedryf te stimuleer, onder die voorwendsel dat dit terselfdertyd ʼn “groen” skema is. Die “groen” deel daarvan is debatteerbaar, aangesien verskeie bronne aandui dat dit meer skade aan die omgewing aanrig om ʼn voertuig te skrap en ʼn nuwe in die plek daarvan te produseer as die skade wat die ou voertuig ooit deur sy hoër brandstofverbruik sou aanrig. Lees verder ‘VSA se motorverkope tref ‘n muur’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube