Bladsy 1 van 212

Sleutelwoord Argief vir 'voedselpryse'

VPI-inflasie gedryf deur kos en energie

Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die inflasiesyfers vir Augustus bekendgemaak. Die algehele verbruikersprysindeks (VPI) was 5,3% hoër in Augustus 2011 as wat dit in Augustus 2010 was. Indien kos- en energiepryse (insluitend petrol en elektrisiteit) uitgelaat word, was die styging slegs 3,8%. Kos het ʼn inflasiekoers van 7,3% in Augustus 2011 gehad, terwyl petrol se prys 23,5% hoër was as ʼn jaar gelede.

Indien die afgelope 12 maande in oënskou geneem word, kan gesien word dat kos- en energiepryse veral sedert Januarie 2011 weer groot dryfvere van inflasie geword het. In Desember 2010 was algehele inflasie 3,5%, en inflasie sonder kos- en energiepryse was 3,3%, ʼn verskil van slegs een vyfde van ʼn persentasiepunt. Sedertdien het die verskil vergroot tot 1,5 persentasiepunte.
Lees verder ‘VPI-inflasie gedryf deur kos en energie’

Kospryse styg al ses maande skerp

Beide die amptelike kosprys-indeks van Statistieke Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir ses maande op ʼn volgehoue basis. Die styging in die amptelike indeks was sowat 5,9% en die basiese mandjie het ʼn styging van 7,3% getoon.
Lees verder ‘Kospryse styg al ses maande skerp’

Basis-effek hou inflasie nie vir lank meer laag

Die jongste inflasiesyfers (vir Februarie 2011) is vandeesweek bekendgemaak. Die jaarlikse inflasiekoers was onveranderd van Januarie se vlak van 3,7%. Tog steek hierdie onveranderde syfer iets weg: die feit dat pryse in Februarie met 0,7% gestyg het teenoor Januarie se styging van slegs 0,4%.

Die rede waarom die jaarlikse inflasiekoers onveranderd gebly het op 3,7% is omdat die maandelikse verandering in Februarie verlede jaar ook nagenoeg 0,7% was. Die verskil tussen die verbruikersprysindeks (VPI) se vlak in Februarie 2010 en Februarie 2011 is dus dieselfde grootte as die verskil tussen Januarie 2010 en Januarie 2011 se vlak en die jaarlikse inflasiekoers is derhalwe dieselfde vir die twee maande. Dit is ten spyte daarvan dat produkte en dienste se pryse in Februarie byna twee keer so vinnig as in Januarie gestyg het.
Lees verder ‘Basis-effek hou inflasie nie vir lank meer laag’

Voedselinflasie tel weer spoed op

In Januarie se inflasiesyfers wat onlangs vrygestel is, het die kollig vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer na voedselinflasie se kant geskuif. Deur die loop van 2010 was die gemiddelde jaar-tot-jaar voedselinflasie sowat 1,4%, maar in Januarie het dit meer as verdubbel tot 3,1%. Dit is weliswaar nog nie ʼn kommerwekkende syfer nie, maar die potensiaal bestaan dat dit in die komende maande verder sal versnel.

In ʼn vorige artikel is dit duidelik gemaak dat kospryse, ten spyte van lae inflasie oor die afgelope jaar, steeds op ʼn hoë vlak is teenoor ʼn paar jaar gelede.
Lees verder ‘Voedselinflasie tel weer spoed op’

Kospryse hoog sedert 2008

Nadat onveranderde kospryse in 2010 gehelp het om inflasie in toom te bring, word daar nou weer gewaarsku dat die situasie binnekort omgekeer kan word indien onlangse stygings in talle internasionale voedselkommoditeitspryse volgehou word. Die relatief sterk rand word as een rede voorgehou waarom ons in Suid-Afrika nog nie die effek van die stygende kommoditeitspryse op die winkelrakke gewaar het nie.

Daar is ʼn mate van waarheid in hierdie stelling, maar daar is ook ʼn ander faktor wat bydra daartoe dat ons kospryse nog nie weer beduidend begin styg het nie: Gemiddeld het kospryse in Suid-Afrika nooit weer ná 2008 se styging beduidend gedaal nie.
Lees verder ‘Kospryse hoog sedert 2008′

Mededingingsowerhede se moeilike taak (Deel 2)

(Hierdie artikel vervolg vanaf verlede week s’n. Lees dit hier vir agtergrond.)

Bykomend tot Pioneer se monetêre boete wat aan die regering betaal moet word, is daar ook aangekondig dat die maatskappy se winsmarges op brood en meel oor ʼn sekere tydperk só moet verlaag dat dit effektief R160 miljoen minder wins sal lewer. Hierdie maatreël is oënskynlik daarop gemik om “terug te gee” aan die verbruiker. So ʼn stap is nog nooit van tevore in Suid-Afrika geneem nie, moontlik omdat daar verskeie probleme daarmee is.
Lees verder ‘Mededingingsowerhede se moeilike taak (Deel 2)’

Bladsy 1 van 212



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube