Bladsy 1 van 212

Sleutelwoord Argief vir 'vervaardiging'

‘n Sprokie uit Nambabwe

In die land van Nambabwe het die beleidmakers op ’n dag kopgekrap oor ’n probleem wat in die land se vervaardigingsektor ontstaan het. Die sektor het met talle probleme geworstel, soos swak beskikbaarheid van vaardige werknemers, hoë insetkoste vanaf staatsbeheerde monopolieë, swak infrastruktuur en veiligheid, ensovoorts. Die vervaardigingsfirmas het gevolglik gesukkel om op ’n kostedoeltreffende manier produkte te vervaardig wat op die internasionale mark kon meeding met die produkte van firmas in ander lande, wat uitvoere van die produkte belemmer het. Ook in die plaaslike mark het die firmas gesukkel, aangesien die meerderheid plaaslike verbruikers goedkoper ingevoerde produkte verkies het. Die Nambabwiese beleidsmakers beraam egter toe ʼn slim plan:
Lees verder ‘‘n Sprokie uit Nambabwe’

Die rand is nie die probleem nie

Daar word berig dat die ANC nou met die gedagte van ʼn superbelasting op mynbou speel. Hierdie idee is omstrede en kommerwekkend op sigself – ʼn soortgelyke idee het bygedra tot die val van ʼn eerste minister in Australië – maar dit wat die ANC beoog om met die ekstra belastinggeld te doen, verdien verdere ontleding.

Daar word voorgestel dat die geld in ʼn fonds gestort moet word wat ingespan sal word om die waarde van die rand kunsmatig te laat daal wanneer die regering voel dat die geldeenheid te sterk is. Wanneer buitelanders in Suid-Afrikaanse bates (wat aandele insluit) belê, beteken dit dat die vraag na die rand styg en dus styg die waarde van die rand. Die manier waarop die staat dit kan teenwerk, is deur die aanbod van rande vinniger uit te brei as wat die vraag styg. Dit verg egter baie diep geldsakke om enige hoop van sukses te hê en die gevaar bestaan ook dat spekulante die kans sal aangryp om ʼn vinnige profyt in ʼn tipe “chicken”-speletjie met die staat te maak.

Boonop bestaan daar ook geen sterk bewys daarvoor dat selfs indien die wisselkoers suksesvol en volhoubaar beheer kon word, dit noodwendig op ʼn netto basis positief sal wees vir die ekonomie of selfs vir spesifieke ekonomiese deelnemers nie. Lees verder ‘Die rand is nie die probleem nie’

Mag werkers nie welaf wees nie?

In November 2011 het Cosatu in die Wes-Kaap te kenne gegee dat hulle die Kaapstadse administrasie na die gelykheidshof sou sleep oor wat hulle as diskriminasie teen arm werkers beskou.

In ‘n ietwat bisarre argument word die stad van diskriminasie teen armes beskuldig omdat die stad geld bestee om toerismeprojekte te ondersteun, maar nie om advertensies te plaas wat plaaslike verbruikers aanmoedig om plaaslik vervaardigde goedere te koop nie. Die veronderstelling is dat, deur plaaslike produkte te koop, meer plaaslike werksgeleenthede in vervaardiging behoue sal bly.

Blykbaar is verhoogde toerisme net tot voordeel van die “ryk base” en “middelklas werkers”, en is daar klaarblyklik geen “regte werkers” (m.a.w. laagbetaalde arbeiders) wat in die toerismebedryf werk nie. Terselfdertyd is daar blykbaar geen “ryk base” of “middelklas werkers” in die vervaardigingsektor nie – wat ‘n mens laat wonder teen wie Cosatu dan protesteer wanneer daar oor die vervaardigingsektor uitsprake gemaak word…
Lees verder ‘Mag werkers nie welaf wees nie?’

Vervaardiging trek steeds swaar

Daar is nog weinig goeie nuus vir die vervaardigingsektor as ʼn geheel. Volgens die regering se planne moet dié sektor ʼn groot bron van indiensname wees as deel van die poging om werkloosheid te laat daal van die uiters hoë vlakke waar dit tans verkeer.

Indiensname in die formele vervaardigingsektor daal egter al aanhoudend sedert 2006, ʼn daling wat versnel het tydens die resessie van 2008/2009.
Lees verder ‘Vervaardiging trek steeds swaar’

Petrolpryse en die wisselkoers

Die prys van petrol het vandeesweek weer met 17 sent per liter gestyg. Dit is as gevolg van die hoër internasionale pryse van petroleumprodukte gedurende Julie teenoor die pryse in Junie. Die manier hoe die stelsel werk, is dat elke maand se petrolprys volgens die vorige maand se internasionale pryse en die rand-dollar-wisselkoers bepaal word.

In Julie was die gemiddelde prys van een dollar R6,81. Gevolglik is die prys van een liter 93-oktaan petrol in Gauteng in Augustus R9,91. Hierdie R9,91 kan opgebreek word in twee komponente. Die eerste is die vaste komponent wat bestaan uit heffings en toegelate winsmarges. Hierdie komponent (wat tans sowat R4,34 per liter beloop) word nie deur die wisselkoers geaffekteer nie. Die tweede komponent staan bekend as die “basiese brandstofprys”. Dit is die gedeelte van die prys wat wissel soos die internasionale petroleumpryse en die wisselkoers verander. Tans is dit sowat R5,57 per liter.

Hierdie basiese brandstofprys van R5,57 is bereik met ʼn olieprys van ongeveer $111,62 per vat. Hoewel die olieprys nie direk vir die amptelike berekening van die plaaslike petrolprys gebruik word nie, gaan dit wel ter illustrasie van die punt hieronder gebruik word, aangesien petroleumprodukpryse redelik noukeurig in pas met oliepryse beweeg.
Lees verder ‘Petrolpryse en die wisselkoers’

Kapasiteitsbenutting verbeter stadig

ʼn Interessante onderwerp waaroor daar selde in die media, selfs in sakepublikasies, geskryf word, is die benutting van vervaardigingskapasiteit deur groot maatskappye. Die verskil tussen die hoeveelheid kapasiteit wat fabrieke het en dit wat hulle gebruik, is ʼn belangrike aanduiding van hoe dit in die vervaardigingsektor, ʼn groot bron van werksgeleenthede, gaan.

Die jongste syfers, dié vir die eerste kwartaal van 2011, dui ongelukkig steeds slegs op ʼn geleidelike verbetering sedert die laagtepunt wat in 2009, tydens die resessie, bereik is. Benutting van vervaardigingskapasiteit in die eerste kwartaal van 2011 is op 79,4% geraam, teenoor die laagtepunt van 77,1% twee jaar gelede en ʼn hoogtepunt van 86,6% aan die einde van 2007.
Lees verder ‘Kapasiteitsbenutting verbeter stadig’

Bladsy 1 van 212



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube