Gepubliseer .
Ek staan verstom oor hoe vinnig die tyd verby gaan. Ek kyk terug oor die afgelope paar jaar en weet dat tyd kosbaar is, dat tyd vlieg, dat tyd nie stilstaan nie.
Toe ons klein was, het ons male sonder tal gepraat van: “Eendag as ek groot is…”. Ons sou die wêreld sien. Ons wou so baie dinge doen. Noudat ons groot is, het ons nie tyd om die dinge te doen wat ons wou nie. Ons moet werk en probeer om ʼn bestaan te maak. Ons hardloop rond en jaag van een punt na die volgende. Lees verder ‘Die tyd gaan so gou verby!’
Gepubliseer .
Kersfees is ʼn tyd van gee. ʼn Tyd van bymekaar kom. ʼn Tyd van vreugde.
Prediker 8:15 – Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.
Kersfees is familietyd. Geskenke en heerlike eetgoed is aan die orde van die dag. Kinders wat nog in Kersvader glo maak lysies van wat hy vir hulle moet bring.
Lees verder ‘Kersfeestyd’
Gepubliseer .
Hierdie tyd van die jaar begin almal uitsien na die Desembervakansie. Mense is moeg ná die lang jaar en almal wens dat die vakansie nou wil aanbreek.
Tog voel dit nog so ver…
Napoleon Bonaparte het gesê: Moed is om een minuut langer uit te hou as waartoe jy eintlik in staat is.
Lees verder ‘Lam en tam’
Gepubliseer .
Die woorde Carpe diem – gryp (pluk) die dag, is vir my waarlik wys.
Leef jy voluit? Gryp jy elke dag aan al is dit soms vol uitdagings en seer?
Die lewe is soos ʼn boek: die dwaas blaai ongeërg daardeur, maar die wyse man lees dit met deurdagte aandag omdat hy weet dat hy dit net een keer kan lees – Jean Paul.
Lees verder ‘Gryp die dag!’
Gepubliseer .
Die belastingseisoen is aan die gang en die inkomstebelastingbetalers van Suid-Afrika kry al hul dokumente agtermekaar om aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se vereistes te voldoen, in die hoop dat hulle dalk ’n paar rand se terugbetaling kan kry of in die vrees dat hulle ’n hele paar rand se boete kan kry as hul sake nie in orde is nie.
Hoewel die koms van e-filing die indiening van ’n belastingopgawe vir die meeste mense baie vergemaklik het, beroof die belastingproses mense steeds van hul tyd. Lees verder ‘Tydrowing ook belasting’
Gepubliseer .
In elkeen van ons se lewens is daar dae wat uitstaan. Oomblikke wat vir altyd in ons geheues vasgevang is: mylpale; lekker tye; die goeie ou dae.
Punt is: ons moet sulke spesiale oomblikke skep!
Dit help nie jy het allerhande voornemens wat jy nooit probeer waar maak nie. Dit help nie jy sê dat jy dinge gaan doen nie: doen dit!
Lees verder ‘Spesiale oomblikke’