Sleutelwoord Argief vir 'taal'

Ek haat dit!

My persoonlikheid is van so ‘n aard dat ek erg geïrriteerd raak wanneer mense dieselfde foute oor en oor maak. Dit is veral taalfoute (of sommer net slegte taalgewoontes) wat veroorsaak dat ek nie meer na sekere radiostasies luister nie (veral nie as ‘n sekere FNB-ekonoom kyk hoe die huismark ‘huidiglik’ lyk nie!) of ‘n sekere vrouestem op radio altyd verwys na ‘soos die Engelsman sê ‘ nie. Lees verder ‘Ek haat dit!’

Pretoria bly Pretoria saak gaan voort

Van links Ernst Roets, Alana Bailey, Willie Spies en James Kemp van AfriForum by die hof.

Van links Ernst Roets, Alana Bailey, Willie Spies en James Kemp van AfriForum by die hof.

Die saak oor die Pretoria-naamkwessie dien op 25 en 26 Maart 2010 in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria.  Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, gaan die saak daaroor om regsekerheid te vestig oor die feit dat ʼn munisipale naam nie ʼn geografiese pleknaam is nie.

Lees verder ‘Pretoria bly Pretoria saak gaan voort’

Oom Koos word in Afrikaans gelem, maar in die Kaap

koos1 

 Die Kaap is Hollands en oom Koos gaan daar gelem word. Dit is nadat Die Wilgers Hospitaal, in Pretoria, geen Afrikaanse vorm vir hom kon verskaf sodat hy, vir ‘n heupvervanging, daar opgeneem kon word nie. Hy het die vorm self laat vertaal en hulle het geweier om dit te ontvang. By verre die meeste Afrikaners woon in Pretoria en in die ‘opvangsgebied’ van Die Wilgers bly hope Afrikaners.

‘n Beeld spotprent som die situasie op.

Lees verder ‘Oom Koos word in Afrikaans gelem, maar in die Kaap’

Oom Koos en Engelse vorms – gaan sê jou sê vir Life

Oom Koos van der Merwe het geweier om by die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria opgeneem te word vir ‘n heupvervangingsoperasie omdat die hospitaal se opname vorms net in Engels beskikbaar is. Volgens oom Koos het hulle gesê hulle kan hom net opneem as hy ‘n Engelse vorm onderteken. Dit is glo ‘n besluit van Life se hoofkantoor.  Lees Beeld en Rapport. Radio Rosestad vertel die storie.

Sluit aan by Faceboekgroep: Oom Koos en Engelse vorms by die Life-hospitaal

Lees verder ‘Oom Koos en Engelse vorms – gaan sê jou sê vir Life’

Nog ʼn wen vir Solidariteit en applikant in taalstryd

 

Afrikaans is kosbaar maar nie vanselfsprekend nie. Dit is hoekom Solidariteit selfs hof toe gaan om die taal te beskerm. Die beskerming is dan ook tot voordeel van die ander tien landstale. Luister RSG se Spektrum en Radio Pretoria. Lees Beeld. Kyk SABC2 nuus. Lees artikel in Beeld middelblad deur Flip Buys en Cerneels Lourens.

Die saak word nou na ander provinsies uitgebrei soos berig op  RSG se Monitor.

Lees verder ‘Nog ʼn wen vir Solidariteit en applikant in taalstryd’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube