Gepubliseer .

Die gebrek aan ʼn statutêre verpligting op werkgewers asook vergoedingstrukture om gestremde werkers te rehabiliteer en by die arbeidsmark te herintegreer, belemmer die Suid-Afrikaanse ekonomie en lei tot armoede onder werknemers, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.
Lees Pretoria News en Business Report.
Lees verder ‘Beroepsbeserings belemmer ekonomie, lei tot armoede onder werknemers’
Gepubliseer .
“Ons betree ʼn nuwe wêreld…”
Só sing Anna Davel oor Solidariteit en dít is presies wat Solidariteit in 2009 gedoen het. Solidariteit het die wêreld van internetradio betree en Suid-Afrika se eerste vakbond met ʼn eie radiostasie geword.
ʼn Stasie wat, ten spyte van sy kinderskoene, reeds hard oor maatskaplike en burgerregtekwessies, vakbondsake en nuusgebeure kan praat terwyl daar ook ʼn noue band met Suid-Afrikaners in die buiteland gesmee word. Solidariteit Radio wil lede en ondersteuners van die Solidariteit-beweging met inligting bemagtig en die groot leemte vir ʼn Afrikaanse geselsradiostasie vul – ʼn doelwit wat dié radiostasie met verskeie plaaslike radiostasies deel. Daarom word een van Solidariteit Radio se vlagskipprogramme, In Solidariteit, ʼn gewilde omnibusprogram, ook reeds op verskeie plaaslike radiostasies uitgesaai.
Lees verder ‘Jou stem op die web!’
Gepubliseer .
Ek praat nie nou eers van al die statistiek hier by Solidariteit, soos ons afleggingstabel nie, maar sommer van al die gewone mense om my. Ek is die laaste paar weke verstom oor die hoeveelheid mense rondom my wat hulle werk verloor. As ek met vriende gesels, hoor ek van iemand wat al weer hul werk verloor het. Gisteraand kuier familie weer by ons en Johan sê hy soek weer werk.
Lees verder ‘Wees verantwoordelik!’
Gepubliseer .
Trevor Tutu, seun van die oud-aartsbiskop Desmond Tutu, het hierdie week by Solidariteit se konferensie oor regstellende aksie gepraat. Sy idee oor regstellende aksie en almal laat regopsit.
(Let wel dit is sy EIE woorde!) “Affirmative action was an absolute pile of nonsense for all of our people.”
Gaan kyk ook op Solidariteit se video-webwerf S-Tube na die toespraak.
Nuutste kommentaar