Gepubliseer .
Verlede week, by die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) se kongres in KwaZulu-Natal, het die party se sekretaris-generaal, Blade Nzimande, gesê dat Suid-Afrikaanse banke deur die regering gedwing moet word om in laekostebehuising te belê. Nzimande is ook die minister van hoër onderwys in die Suid-Afrikaanse regering. Nzimande het aangevoer dat die geld in die banke in elk geval “die werkersklas se geld” is, en daarom sal dit reg wees as die banke gedwing word om in laekostebehuising te belê.
Op die SAKP-kongres is daar natuurlik ook talle uitlatings gemaak oor die “krisis van kapitalisme” wat konsuis sedert 2008 in die wêreld heers. Lees verder ‘Resep vir ’n ramp: Verpligte lenings aan onkredietwaardiges’
Gepubliseer .
Daar is verskeie aanwysers wat die hoeveelheid finansiële druk waaronder individue en maatskappye verkeer, aantoon.. Die drie aanwysers wat hier vertoon word – oor insolvensies, likwidasies en siviele sake oor skuld – het almal oor die afgelope maande verbetering getoon. Hoewel ekonomiese toestande in Suid-Afrika nog vêr van gesond is (mens sou kon argumenteer dat dit nog nooit werklik gesond was nie), is hierdie tendense tog positief.
Lees verder ‘Insolvensies, likwidasies en skuldsake daal’
Gepubliseer .
ʼn Gewilde storie oor hoe geld funksioneer wat per e-pos rondgestuur word en op talle webwerwe verskyn, veroorsaak heelwat konsternasie..
Die basiese vorm van die storie is dat ʼn besoeker uit die stad by ʼn hotel op ʼn klein dorpie opdaag en R200 kontant aan Jan, die hotelbaas, oorhandig vir verblyf vir die aand. Die reisiger loop met die trappe op tot by sy kamer op die boonste verdieping van die hotel. Jan neem die R200 en gaan betaal gou sy rekening by Sarie, die kruidenier op die dorp. Die kruidenier neem die R200 en gaan betaal blitsig haar rekening by Luigi, die haarkapper. Skaars 20 minute nadat die reisiger oorspronklik die R200 aan Jan oorhandig het, kom Luigi by die hotel aan en betaal sy R200-kroegrekening by Jan af. Net nadat Luigi die R200 aan Jan oorhandig het, kom die reisiger skielik weer by die hotel se trappe af en sê dat hy weens onvoorsiene omstandighede dadelik moet teruggaan stad toe en dat hy dus nie meer in die hotel gaan oornag nie. Jan gee die R200 terug aan die reisiger, wat in sy motor klim en terugry stad toe. Nou is die raaisel: Die reisiger verdwyn met die R200, maar almal se skuld is betaal. Drie van die dorpsbewoners het ʼn inkomste van R200 gekry, maar die R200 is skoonveld! Hoe is dit dan moontlik?
Lees verder ‘Die raaisel van die reisiger se rande – opgelos’
Gepubliseer .
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het hierdie week die jongste uitgawe van hul kwartaalverslag vrygestel. Een syfer daarin wat dikwels nie baie media-aandag kry nie, maar wat eintlik baie belangrik is, is die verhouding van huishoudelike skuld tot besteebare inkomste van huishoudings. Dit vergelyk die totale skuld van huishoudings met die jaarlikse inkomste van die huishoudings. Hierdie verhouding is soortgelyk aan die veelbesproke verhouding tussen staatskuld en die bruto binnelandse produk (BBP), aangesien BBP analogies is aan die jaarlikse inkomste van ʼn land. Die Europese Unie stel hier ʼn riglyn dat staatskuld nie meer as 60% van die BBP moet wees nie.
Van die 1980’s tot ongeveer 2003 het die Suid-Afrikaanse huishoudelike skuld tot inkomste verhouding in ʼn band van ongeveer 45% tot 60% gefluktueer. Dit is redelik gesond, veral aangesien die prima-uitleenkoers van banke gedurende hierdie tydperk redelik hoog was, met ʼn gemiddeld hoër as 17%.
Lees verder ‘Skuld teenoor inkomste verbeter stadig’
Gepubliseer .
Die rentekoers het onlangs tot 9,5%, die laagste koers in dertig jaar, gedaal. Huishoudings staan tans gemiddeld ongeveer 7,5% van hul inkomste aan rente op skuld af. In 2000, toe die rentekoers 14,5% was, het huishoudings ook ongeveer 7,5% van hul inkomste aan rente op skuld afgestaan. Die faktor wat in die afgelope tien jaar verander het, is dat huishoudings se skuldvlakke drasties in verhouding tot hul inkomstevlakke gestyg het. Die grafiek toon hierdie tendens duidelik aan.

Gepubliseer .
Griekeland se probleme met skuld is die afgelope tyd gereeld in die nuus. Die land se begrotingstekort word tans op sowat 13,6% van hul BBP geskat. As gevolg van vorige jare se begrotingstekorte is hul opgehoopte staatskuld reeds meer as 115% van die BBP. Hierdie hoë skuldvlakke is deels te wyte aan die feit dat die Griekse sosialistiese regering se sosiale besteding en besteding op salarisse van staatsamptenare onvolhoubaar hoog geword het. (Klink dit bekend?) Die werklikheid haal hulle nou in en om die reuse begrotingstekort te verminder, word verskeie besuinigingsmaatreëls deur die regering ingestel.
Lees verder ‘Griekse sosialiste sukkel met die werklikheid’