Bladsy 1 van 3123

Sleutelwoord Argief vir 'resessie'

Verbruikersvertroue laag, maar bestendig

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO), in samewerking met Eerste Nasionale Bank (FNB), doen reeds sedert 1982 ʼn kwartaallikse opname van verbruikersvertroue in Suid-Afrika. Dit behels dat ʼn verteenwoordigende steekproef van huishoudings uitgevra word oor hul verwagtinge vir Suid-Afrika se algemene ekonomiese toestand en die huishouding se eie finansiële toestand oor die komende 12 maande. Daar word ook gevra of dit tans ʼn goeie tyd is om duursame huishoudelike toerusting te koop of nie. Saam verwerk, gee die antwoorde op hierdie vrae ʼn goeie aanduiding van hoe verbruikers oor die ekonomie en oor hul eie vooruitsigte voel.

Van die begin van 2008 tot die derde kwartaal van 2009 het verbruikersvertroue skerp gedaal, waarna dit weer toegeneem het tot die einde van 2010. In 2011 het verbruikersvertroue gedaal, hoewel dit steeds in positiewe gebied is.
Lees verder ‘Verbruikersvertroue laag, maar bestendig’

Vervaardiging trek steeds swaar

Daar is nog weinig goeie nuus vir die vervaardigingsektor as ʼn geheel. Volgens die regering se planne moet dié sektor ʼn groot bron van indiensname wees as deel van die poging om werkloosheid te laat daal van die uiters hoë vlakke waar dit tans verkeer.

Indiensname in die formele vervaardigingsektor daal egter al aanhoudend sedert 2006, ʼn daling wat versnel het tydens die resessie van 2008/2009.
Lees verder ‘Vervaardiging trek steeds swaar’

OESO se leidende aanwyser draai

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) is ʼn organisasie wat tans uit 34 lande met relatief hoë gemiddelde lewenstandaarde bestaan. Die lidlande van die OESO is gesamentlik vir sowat 55% van die wêreld se ekonomiese aktiwiteit, gemeet aan die bruto binnelandse produk (BBP), verantwoordelik.

Hierdie lande stel elkeen afsonderlik ʼn leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit saam. Hierdie 34 aanwysers word dan gekombineer volgens elke land se ekonomie se relatiewe grootte, en ʼn gesamentlike leidende aanwyser word dan verkry. Hierdie aanwyser voorspel tydperke van bogemiddelde ekonomiese groei en ondergemiddelde groei (nie noodwendig resessies nie) redelik goed. Dit neem gewoonlik sowat ses tot nege maande voordat dit wat met die OESO se leidende aanwyser gebeur, ook met werklike ekonomiese aktiwiteit in die OESO-lande begin gebeur.
Lees verder ‘OESO se leidende aanwyser draai’

Skuld teenoor inkomste verbeter stadig

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het hierdie week die jongste uitgawe van hul kwartaalverslag vrygestel. Een syfer daarin wat dikwels nie baie media-aandag kry nie, maar wat eintlik baie belangrik is, is die verhouding van huishoudelike skuld tot besteebare inkomste van huishoudings. Dit vergelyk die totale skuld van huishoudings met die jaarlikse inkomste van die huishoudings. Hierdie verhouding is soortgelyk aan die veelbesproke verhouding tussen staatskuld en die bruto binnelandse produk (BBP), aangesien BBP analogies is aan die jaarlikse inkomste van ʼn land. Die Europese Unie stel hier ʼn riglyn dat staatskuld nie meer as 60% van die BBP moet wees nie.

Van die 1980’s tot ongeveer 2003 het die Suid-Afrikaanse huishoudelike skuld tot inkomste verhouding in ʼn band van ongeveer 45% tot 60% gefluktueer. Dit is redelik gesond, veral aangesien die prima-uitleenkoers van banke gedurende hierdie tydperk redelik hoog was, met ʼn gemiddeld hoër as 17%.
Lees verder ‘Skuld teenoor inkomste verbeter stadig’

BBP voor die resessie en nou

Daar was reeds talle artikels in die dagblaaie oor die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2011 wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is. Oor die algemeen is die sentiment op grond van die verandering in die laaste kwartaal, negatief.

In plaas daarvan om slegs die jongste veranderinge in die BBP-syfers te ondersoek, word hier ʼn bietjie langer perspektief gegee, deur te kyk na die vlak van BBP voor die resessie tot nou.

BBP staan vir “bruto binnelande produk” en is ʼn poging om die waarde van alles wat binne Suid-Afrika se landsgrense geproduseer en verhandel word, te bereken. Dit gee ʼn aanduiding van die ekonomiese aktiwiteit binne ʼn land. As ʼn ruwe gids: hoe hoër die BBP-syfer, hoe beter sal die materiële lewensstandaard van die mense van die land wees.
Lees verder ‘BBP voor die resessie en nou’

Kapasiteitsbenutting verbeter stadig

ʼn Interessante onderwerp waaroor daar selde in die media, selfs in sakepublikasies, geskryf word, is die benutting van vervaardigingskapasiteit deur groot maatskappye. Die verskil tussen die hoeveelheid kapasiteit wat fabrieke het en dit wat hulle gebruik, is ʼn belangrike aanduiding van hoe dit in die vervaardigingsektor, ʼn groot bron van werksgeleenthede, gaan.

Die jongste syfers, dié vir die eerste kwartaal van 2011, dui ongelukkig steeds slegs op ʼn geleidelike verbetering sedert die laagtepunt wat in 2009, tydens die resessie, bereik is. Benutting van vervaardigingskapasiteit in die eerste kwartaal van 2011 is op 79,4% geraam, teenoor die laagtepunt van 77,1% twee jaar gelede en ʼn hoogtepunt van 86,6% aan die einde van 2007.
Lees verder ‘Kapasiteitsbenutting verbeter stadig’

Bladsy 1 van 3123



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube