Gepubliseer .
Wat gaan aan in Solidariteit? Jy vra nog! Solidariteit gaan nou elke Woensdag om 21:30 op Radio Pretoria die program In Solidariteit aanbied. Dirk Hermann en Jaco Kleynhans sal die aanbieders wees in hierdie program.
In Solidariteit – die program vir saamstaan, hoop, veg en glo. ‘n Program waar ons kwessies kaalvuis pak en waar ons trotse Afrikaners oproep tot aksie.
Lees verder ‘In Solidariteit, program vir saamstaan, hoop, veg en glo nou op Radio Pretoria’
Gepubliseer .
“Ons betree ʼn nuwe wêreld…”
Só sing Anna Davel oor Solidariteit en dít is presies wat Solidariteit in 2009 gedoen het. Solidariteit het die wêreld van internetradio betree en Suid-Afrika se eerste vakbond met ʼn eie radiostasie geword.
ʼn Stasie wat, ten spyte van sy kinderskoene, reeds hard oor maatskaplike en burgerregtekwessies, vakbondsake en nuusgebeure kan praat terwyl daar ook ʼn noue band met Suid-Afrikaners in die buiteland gesmee word. Solidariteit Radio wil lede en ondersteuners van die Solidariteit-beweging met inligting bemagtig en die groot leemte vir ʼn Afrikaanse geselsradiostasie vul – ʼn doelwit wat dié radiostasie met verskeie plaaslike radiostasies deel. Daarom word een van Solidariteit Radio se vlagskipprogramme, In Solidariteit, ʼn gewilde omnibusprogram, ook reeds op verskeie plaaslike radiostasies uitgesaai.
Lees verder ‘Jou stem op die web!’
Nuutste kommentaar