Gepubliseer .

Vorige VPI-mandjie. Kliek om te vergroot.

Nuwe VPI-mandjie. Kliek om te vergroot.
Een manier waarop gepoog word om die dalende waarde van geld (inflasie) te kwantifiseer, is deur die verbruikersprysindeks (VPI). Die VPI bestaan uit ʼn kombinasie, die sogenaamde “mandjie”, van pryse van goedere en dienste wat verbruikers in ʼn land aankoop. Aan elkeen van die pryse word ʼn gewig toegeken na gelang van hoe groot die gedeelte is wat dit van die gemiddelde verbruiker se jaarlikse uitgawes uitmaak. Die syfer wat in die algemeen as “die inflasiesyfer” bekendstaan, is dan die verskil tussen die vlak van hierdie indeks in ʼn spesifieke maand teenoor die vlak wat dit 12 maande gelede was.
Vergelykings van die vlak van die VPI is maar net een manier om te probeer vasstel hoeveel die waarde of die koopkrag van geld gedurende ʼn spesifieke tydperkafgeneem het (inflasie). Lees verder ‘Dís hoe die VPI-inflasiemandjie verander het’
Gepubliseer .
Dit gaan al hoe swaarder met ons mense. Die petrolprys is hoog, die kospryse styg, mediesefonds-tariewe en versekeringspremies skiet die hoogte in. Werkloosheid is ʼn realiteit waarmee al hoe meer mense gekonfronteer word.
Oral waar mens gaan kla almal oor die stygende pryse. Al hoe meer mense sukkel om kop bo water te hou. Grappenderwys word daar gespot daarmee dat hulle onder die broodlyn leef.
Lees verder ‘Swaar dra al aan die een kant’
Gepubliseer .

Die huidige petrolprys van R10,83 per liter 93-oktaan in Gauteng is laer as die prys van R10,50 per liter wat in Julie 2008 bereik is. Hierdie stelling lyk op die oog af belaglik, want R10,83 is tog duidelik 33c meer as R10,50. Indien daar egter in ag geneem word dat die waarde – die koopkrag – van elke rand intussen gedaal het, kom die verklaring na vore. Lees verder ’2008 steeds petrolprys se mees onlangse hoogtepunt’
Gepubliseer .
Daar broei tans ’n klein aanlyn-storm oor die pryse van e-boeke by sommige Suid-Afrikaanse internet-kleinhandelaars. Blykbaar kos sommige boeke by Suid-Afrikaanse internet-kleinhandelaars baie meer in e-boek-formaat as wat dit in die gewone, outydse papierformaat kos. Ook kos baie boeke, selfs boeke wat deur Suid-Afrikaners in Afrikaans geskryf is, by plaaslike internet-kleinhandelaars klaarblyklik beduidend meer as wat dit by internasionale internet-kleinhandelaars kos. Hierdie situasie veroorsaak ontevredenheid en die plaaslike internet-kleinhandelaars word van uitbuiting beskuldig. Hierdie beskuldiging maak egter nie sin nie.
Lees verder ‘Hoë pryse is nie noodwendig uitbuiting nie’
Gepubliseer .
Petrolpryse bly ʼn omstrede kwessie. Talle algemene vrae hieroor is al hier in vorige artikels beantwoord. ʼn Besonder praktiese vraag wat egter nog nie beantwoord is nie, is: Hoeveel geld moet ek in my begroting opsy sit vir brandstof?
Aangesien fluktuasies in brandstofpryse hoofsaaklik deur veranderinge in die rand/dollar-wisselkoers en internasionale pryse van petroleumprodukte veroorsaak word, is dit moeilik om ʼn presiese antwoord op hierdie vraag te verskaf. Skattings, wat as ʼn begrotingshulpmiddel kan dien, kan egter in ʼn breë band gemaak word.
Lees verder ‘Begroot vir petrol van R9 tot R13 per liter’
Gepubliseer .
In die afgelope tyd was daar lesersbriewe in minstens twee van Suid-Afrika se groot dagblaaie oor wat die lesers as foutiewe beriggewing deur die koerante beskou het. Eers het iemand in Business Day (“Hard to stomach”, 26 Maart 2012) en daarna het ʼn leser in Beeld (“Skrywer sê kospryse daal: Hy jok mos!”, 27 Maart 2012) gekla.
Die kern van hierdie twee lesers se klagtes is dat die koerante, in hul berigte oor Februarie se inflasiesyfers, wat op 22 Maart vrygestel is, verkeerdelik berig het dat kospryse van Januarie tot Februarie gedaal het. Die leser van Business Day het aangevoer dat die koerant in plaas van “food prices drop” eerder moes gesê het “food-price inflation drops”. Die leser van Beeld is met “skok en afgryse” vervul oor die “onwaarheid” dat Beeld gesê het dat kospryse daal.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 1)’