Die afgelope week het die Palestynse groep Hamas vuurpyle na Israel afgevuur. Verskeie organisasies se reaksie was om die aanval in die pers te veroordeel. Die staat van Israel het besluit om nie die persverklaring-roete te loop nie en het met F16 vegvliegtuie en ‘smart bombs’ reageer. Verskeie organisasies, insluitende Cosatu, het die Israelse teenaanval veroordeel. Een van die vrae wat hier gevra kan word, is: As lande in die moeilikheid beland, kan hulle die Verenigde Nasies vir hulp skakel, of speel Lady Gaga se ‘Poker Face’ terwyl hulle wag vir die eerste beskikbare operateur.
Daar is verskillende teorieë om die internasionale orde te ontleed. Metodes sluit onder andere realisme, liberalisme, konstruktivisme, kritiese benaderings sowel as menseregte instellings in. Elkeen van hierdie denktradisies het hulle eie sterk punte en tekortkominge. Wanneer ek die internasionale order analiseer, vind ek myself keer op keer in die realisme-kamp (alhoewel hierdie benadering nie vir my gemoed goed is nie). Lees verder ‘As lande 10111 skakel, kom dit slegs by ‘voicemail’ uit?’
Aan die einde van die publikasie getiteld ‘Why Socialism’ uitgereik deur die Suid Afrikaanse Kommuniste Party, verskyn die verklaring “above all, life teaches workers, like no other social force, that an injury to one is an injury to all”. Hierdie aanhaling illustreer onberispelik die ideologiese raamwerk waaruit dié party die wêreld waarneem.
Lees verder ‘Moenie Kameraadskap met Vriendskap verwar nie.’
Gepubliseer .
Van vandag (15 April 2011) af, kan persone wat nie op 18 Mei in staat sal wees om hul stem in die munisipale verkiesing by die stempunt uit te bring nie, aansoek doen om ʼn spesiale stem uit te bring. Hierdie aansoekperiode loop tot 3 Mei.
Mense wat geregistreer is om te stem, moet ʼn MEC 35-vorm invul en dit fisies (faks en e-pos is uitgesluit) by hul munisipaliteit se Onafhanklike Verkiesingskommissie-kantoor inhandig. Die meeste van dié kantore is by munisipale kantore geleë en is gewoonlik oop van 08:00 tot 16:00. Aansoekers moet hul ID-boekies met die plakker wat aandui dat hulle geregistreer is, ook saamneem. Die beamptes sal bepaal of die aansoeker kwalifiseer om ʼn spesiale stem uit te bring en ʼn skriftelike rekord van die resultaat oorhandig, wat behou moet word totdat daar gestem word. Lees verder ‘Aansoeke vir spesiale stemme open vandag’
Gepubliseer .
Suid-Afrikaners het ʼn unieke geleentheid om oor kleur en politieke grense saam te staan. Dit gaan oor ʼn eenvoudige beginsel wat in demokratiese lande as vanselfsprekend aanvaar word maar tog word die beginsel in Suid-Afrika nou bedreig. Dit gaan oor die vryheid van spraak en hoe dit stilgemaak gaan word deur die staat en die regerende party. Hiervoor kom nuwe wetgewing voor in die parlement.
Die wetgewing word klaar die “Geheimhouding Wet” genoem. Organisasies en individue het saam hande gevat.
Die webwerf Right2Know bring jou die nuutste inligting. Hier kan jy ook beswaar aanteken. Max du Preez het op RSG gepraat oor die kwessie. AfriForum met inbegrip dan van Solidariteit steun die poging. Lees artikel oor al die organisasies in The Cape Times wat weerstand bied.
Sluit aan by die Facebookgroep: Solidarity with the Auckland Park Declaration
Dit is nou ʼn tyd vir saamstaan.
Gepubliseer .

Willie Spies vrae die vra.
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die minister van Verdediging, me Lindiwe Sisulu tyd gegun tot 17:00 vandag (1 September 2010) om vrae te beantwoord oor militêre opleiding vir ANCYL- en YCL-lede wat klaarblyklik binnekort ʼn aanvang by die Vloot se opleidingsbasis in Saldanha in die Wes-Kaap gaan neem.
Lees Beeld. Luister RSG. Kyk na kyk Net nuus.
Lees verder ‘AfriForum eis antwoorde van minister oor milisie-opleiding’
Gepubliseer .

Die kern van demokrasie is dat almal verteenwoordig en gehoor moet word, en nie net die meerderheidsparty nie. ‘n Politieke party hoef net 1% steun te hê om Parlementêre verteenwoordiging te kry, omdat die wese van demokrasie insluiting is wat op die beginsel van vryheid van assosiasie berus.
Dít word as vanselfsprekend aanvaar in die politieke demokrasie, en iemand wat sou voorstel dat nét die meerderheidsparty verteenwoordiging kry sal as ondemokraties en belaglik beskou word. Selfs Mugabe laat opposisiepartye toe. Maar in die Nywerheidsdemokrasie is dit soms anders. Dáár is ‘n groeiende aandrang uit sekere kringe dat net die meerderheidsvakbond in die werksplek erkenning moet kry.
Lees verder ‘Demokratiese Arbeidsbestel is belangrik vir demokrasie en ekonomie’