Bladsy 1 van 3123

Sleutelwoord Argief vir 'petrolpryse'

Brandstofpryse waarskynlik stabiel in April

Ten spyte van die hoër heffings op brandstof wat in Februarie se begrotingstoespraak deur Pravin Gordhan, die minister van finansies, aangekondig is, sal petrol- en dieselpryse waarskynlik met slegs enkele sente op 3 April styg of daal. Dit is te danke aan laer internasionale petroleumprodukpryse, wat die effek van die hoër heffings, asook die effek van die swakker rand, min of meer sal uitkanselleer.

Die departement van energie sal, soos gewoonlik, omstreeks 13:00 op die Vrydag voor die eerste Woensdag van die maand die finale aankondiging maak. Die situasie is vandeesmaand meer gekompliseerd as gewoonlik, aangesien drie verskillende heffings op brandstof verander sal word, en daar ook moontlik provinsiale verskille kan wees. Lees verder ‘Brandstofpryse waarskynlik stabiel in April’

Wat is die leiheffing?

Met Tom McLachlan as ’n medewerker het ons onlangs op Radio Pretoria besluit dat die Afrikaanse naam vir die slate levy op brandstof, by gebrek aan ’n term wat lekkerder op die tong val, die “leiheffing” moet wees. Enigiemand met ’n beter idee, kan dit gerus voorstel.

Die leiheffing word van tyd tot tyd vir ’n maand of twee op petrol en diesel ingestel en dan word dit weer weggeneem. Daar is tans (Oktober 2012) ’n leiheffing van 13,16c per liter op petrol en diesel. Wat hierdie heffing is, hoe dit werk en waarheen die geld gaan, is vir die meeste mense ’n duistere saak. Weens die woord “heffing” word daar dikwels aangeneem dat dit net nog ’n manier is waarop die staat van ons swaarverdiende geld in die belastingstelsel intrek.
Lees verder ‘Wat is die leiheffing?’

Petrolgeld of tyd – wat is die belangrikste?

“Sal jy vir betaling van R40 vir ʼn uur in jou kar sit en niks doen, dalk na die radio luister, in ʼn veilige, gratis parkeerterrein op pad huis toe van die werk af vanaand?”

In antwoord op hierdie vraag het ʼn (totaal onverteenwoodigende) klein steekproef van mense beslis geantwoord: “Nee, ek sal nie – dis heeltemal te min vergoeding vir my kosbare tyd!”

Hierdie reaksie toon hoe mense bewus is van hul beperkte voorraad van tyd. Elke dag het net 24 ure, en keuses oor wat met elke onvervangbare uur gedoen sal word, word voordurend gemaak. Die groep wat die bostaande vraag beantwoord het, het blitsig besluit dat ʼn uur in die aand by die huis veel meer kosbaar is as ʼn addisionele R40 in hul beursies. Lees verder ‘Petrolgeld of tyd – wat is die belangrikste?’

2008 steeds petrolprys se mees onlangse hoogtepunt

Die huidige petrolprys van R10,83 per liter 93-oktaan in Gauteng is laer as die prys van R10,50 per liter wat in Julie 2008 bereik is. Hierdie stelling lyk op die oog af belaglik, want R10,83 is tog duidelik 33c meer as R10,50. Indien daar egter in ag geneem word dat die waarde – die koopkrag – van elke rand intussen gedaal het, kom die verklaring na vore. Lees verder ’2008 steeds petrolprys se mees onlangse hoogtepunt’

Geen sterk verband tussen brandstofpryse en kospryse

Met die prys van 93-oktaan petrol wat oor die afgelope twee maande met R1,44 per liter gedaal het, is dalende brandstofpryse inderdaad goeie nuus. Vir talle mense word hierdie goeie nuus egter daardeur oorskadu dat geen noemenswaardige dalings te bespeur is in kospryse op die rakke van supermarkte nie.

Daar bestaan egter nie veel rede om te verwag dat kospryse moet daal as brandstofpryse daal nie. Lees verder ‘Geen sterk verband tussen brandstofpryse en kospryse’

Goeie en slegte nuus vir die vakansietyd

In verlede week se artikel is die kwessie van Sasol se brandstofpryse uiteengesit. Daar word hierdie week steeds by die onderwerp van brandstofpryse gehou. Met die vakansieseisoen wat op pad is, is dit belangrik om vir vervoerkoste te kan begroot.

Die goeie nuus is dat die kleinhandelprys van petrol op Woensdag, 7 Desember na alle waarskynlikheid met 25 of 26 sent per liter sal daal. Die slegte nuus is dat die groothandelprys van diesel met sowat 36 tot 39 sent (afhangende van die swawelinhoud) sal styg. Hierdie syfers kan nog met ʼn sent of twee aangepas word voordat dit eerskomende Vrydag gefinaliseer word, afhangende van wat intussen met die wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse gebeur, maar enige afwyking sal nie groot wees nie.

Hierdie veranderinge sal die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng dan op R10,34 per liter te staan bring, met 95-oktaan wat aan die kus R10,21 sal kos. Diesel met ʼn 0,05%-swawelinhoud se groothandelprys sal styg na sowat R10,38 in Gauteng, wat die kleinhandelprys tot bokant R11 per liter kan laat styg, afhangende van die vulstasie.

OPDATERING: Die finale daling vir petrol was toe 11c en die styging van diesel was nagenoeg 47c en 44c vir 0,05% swawelinhoud en 0,005% swawelinhoud onderskeidelik. Die rede waarom dit so dramaties verskil van die verwagtinge is dat talle van die toepaslike winsmarges aangepas is deur die Departement van Energie. 

Dit mag vreemd voorkom dat diesel se prys kan styg terwyl petrol se prys daal, aangesien beide van ruolie gemaak word, Lees verder ‘Goeie en slegte nuus vir die vakansietyd’

Bladsy 1 van 3123



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube