Sleutelwoord Argief vir 'paaie'

Desember-padongelukke in perspektief

Suid-Afrika se paaie is definitief gevaarlik, soos duidelik gesien kan word wanneer ʼn eenvoudige vergelyking tussen plaaslike syfers en die syfers van ʼn land met ʼn bevolking van ongeveer dieselfde grootte, Brittanje, getref word: In 2009 was daar 13 768 sterftes op Suid-Afrikaanse paaie, terwyl Brittanje slegs 2 222 sulke gevalle gehad het. Dié eenvoudige vergelyking neem nie eers in ag dat ʼn groter persentasie van die Britse bevolking motors bestuur as in Suid-Afrika nie.

Tydens en kort ná die Desembervakansie is die “slagting” op die paaie kort-kort in die nuus. Voorlopige syfers vir die afgelope Desember dui daarop dat 1 149 mense in 958 afsonderlike ongelukke hul lewens verloor het. Dit is duidelik nie ʼn positiewe stand van sake nie, maar is padsterftes werklik beduidend hoër in Desember as in ander maande van die jaar? Die bogenoemde jaarlikse syfer van byna 14 000 vir 2009 behoort reeds ʼn aanduiding te gee van die rigting van die argument.
Lees verder ‘Desember-padongelukke in perspektief’

Die padwoede pandemie

Ek het gister weereens tot die gevolgtrekking gekom. Op Suid-Afrika se paaie is daar ‘n lewensgevaarlike virus, genaamd padvarke. Padvarke wat met een doel in hul motors klim en dit is om so ongeskik, onbeskof, onbedagsaam en sommer net onverantwoordelik as moontlik te wees. En wat laat hulle agter? ‘n Pandemie van padwoede. En maak iemand kwaad genoeg op die pad en hy verander ook in ‘n padvark. ‘n Pandemie…

Lees verder ‘Die padwoede pandemie’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube