Gepubliseer .
ʼn Aanhoudende tema in die Suid-Afrikaanse openbare diskoers is die verskil tussen die gemiddelde wit persoon se inkomste en dié van die gemiddelde swart persoon. Die tema word dikwels heeltemal in isolasie aangehaal en voorgehou as ʼn aanduiding van die uiters negatiewe en onregverdige uitwerking wat rassisme deur wit mense teenoor swart mense steeds in Suid-Afrika het. Hierdie soort data word dan tipies ook as regverdiging vir enige en alle vorme van rasgebaseerde inmenging in die arbeidsmark gebruik.
Tydens die navorsing wat vir die verslag oor matrikulante se vooruitsigte in die arbeidsmark gedoen is, is ʼn magdom data uit die 2011-sensus versamel en verwerk, maar slegs ʼn klein gedeelte daarvan is finaal in die verslag (wat op www.navorsing.co.za beskikbaar is) gebruik. Van die ander data is net gedeeltelik verwerk, maar is weens beperkte spasie nie in die verslag gebruik nie. Verskille in inkomste tussen jong mense van verskillende rassegroepe is een voorbeeld hiervan. Lees verder ‘Hoër opleiding verklein inkomsteverskille’
Gepubliseer .

Die verbruikersprysindeks (VPI) is ’n instrument wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) gebruik om die aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere en -dienste by benadering te meet. Hierdie aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere is verbruikersprysinflasie. Dit is slegs een vorm van inflasie, aangesien dit nie (behalwe op baie indirekte wyse) veranderinge in die koopkrag van geld ten opsigte van dinge soos vaste en finansiële bates of intermediêre goedere en dienste inreken nie.
Te oordeel aan die kommentaar wat ontvang word elke keer as SSA die VPI-inflasiekoers aankondig (die jongste syfer was 5%), heers daar groot skeptisisme oor die akkuraatheid van VPI-inflasie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van hoe dit veranderinge in lewenskoste weerspieël. Lees verder ‘Brandstof, medies en onderwys grootste VPI-sondaars’
Gepubliseer .
Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat vandeesweek bekendgestel is, het die hoop op ’n volgehoue styging in totale indiensneming in Suid-Afrika verydel. Ná die skerp daling in 2009 tydens die resessie het vlakke van indiensneming, ten spyte van ’n oplewing in ekonomiese groei, vir twee jaar feitlik konstant gebly. In die derde kwartaal van 2011 was daar egter ’n rekordstyging, met nog ’n styging in die vierde kwartaal. In die eerste kwartaal van 2012 het die aantal werkende mense egter weer met 75 000 teruggesak.
Lees verder ‘Eerste kwartaal se werksyfers stel teleur’
Gepubliseer .
Sommige Suid-Afrikaners leef met die houding dat hul opleiding nie werklik saak maak nie en dat ʼn mens mos kan “ryk word” sonder goeie opleiding. Kyk net na iemand soos Richard Branson van die Virgin-sakeryk wat die skool verlaat het toe hy 16 was. Dit het hom nie gekeer om ʼn multimiljoenêr te word nie!
Hierdie houding word egter slegs deur uitskieters geskep. Dit is soortgelyk daaraan om te verwag dat jy die Lotto gaan wen elke keer as jy dit speel, omdat jy al ʼn handjievol mense wat die Lotto-boerpot gewen het in die koerant gesien het.
Die werklikheid is dat die oorgrote meerderheid van mense wat die Lotto speel nooit genoeg geld wen om die koste van hul kaartjies te dek nie. Die wenners is slegs die “blink” uitskieters uit die reuse see van oninteressante verloorders. Op dieselfde wyse leef die oorgrote meerderheid van mense wat swak/min opleiding het, nie in weelde of selfs “gemaklik” nie. Lees verder ‘Lae opleiding en hoë lewenstandaard is die uitsondering’
Gepubliseer .

Click op die grafiek om dit te vergroot
Hierdie week se rubriek skakel nie heeltemal direk by ekonomiese sake in nie, maar omdat dit ʼn stillerige week op ekonomiese kant was, en hierdie saak van soveel belang is, moet die volgende feite kortliks genoem word:
Daar is gerapporteer dat die matriekslaagsyfer van 2009 op 60,6% te staan gekom het. Dit is wel die geval indien die persentasie eenvoudig bereken word as die aantal matrieks wat geslaag het (sowat 350 000) uit die aantal wat die eksamens geskryf het (sowat 580 000). Hierdie syfers verberg egter ʼn groter probleem.
Lees verder ‘Die graadeens van 1998 se slaagsyfer’