Sleutelwoord Argief vir 'mynbou'

Sonder mynbou lyk BBP-groei nie goed nie

Die jongste syfers oor die bruto binnelandse produk (BBP) is vandeesweek deur Statistieke Suid-Afrika bekendgestel. Hoewel daar eintlik oormatig op BBP as maatstaf van ekonomiese aktiwiteit gefokus word, is dit tog nuttig om te ondersoek, selfs al het dit talle gebreke. Die groeisyfer van een kwartaal tot die volgende is die een waarin daar gewoonlik die meeste belangstelling is. Vir die tweede kwartaal van 2012 was hierdie groeisyfer 3,2% – ’n noemenswaardige verbetering op die eerste kwartaal van 2012 se 2,7%. Lees verder ‘Sonder mynbou lyk BBP-groei nie goed nie’

Die vreemde beskouing dat nabyheid aan verdienstelikheid gelyk is

In die geroesemoes ná die onrus en lewensverlies by Lonmin se Marikana-myn is daar talle stemme wat opklink oor hoe dit skandelik is dat daar soveel weelde onder die grond uitgehaal word, terwyl soveel van die mense wat in die omgewing van Suid-Afrikaanse myne woon, in ellende leef. Die Bench Marks Foundation het byvoorbeeld ’n verslag uitgebring waarin mynmaatskappye gekasty word oor hoe hulle nie genoeg doen om die “gemeenskappe” in die omgewing van die myn se voorspoed te bevorder nie.

Is so ’n denkwyse nie vreemd nie? Waarom kwalifiseer geografiese nabyheid iemand vir “bevoordeling” deur ’n maatskappy? Lees verder ‘Die vreemde beskouing dat nabyheid aan verdienstelikheid gelyk is’

Platinumprodusente onder druk

Suid-Afrika produseer die meeste platinum van enige land ter wêreld. Die ontginning van die metaal skep baie waarde in die ekonomie en verskaf ook werk aan derduisende werkers. Die prys van platinum plaas egter die maatskappye wat platinum myn tans onder druk. Dit is nog nie so erg dat daar vooruitsigte van grootskaalse mynsluitings of afleggings is nie, maar die lae prys het wel die potensiaal om beplande uitbreidings te stuit.
Lees verder ‘Platinumprodusente onder druk’

Eerste prys is minder onsekerheid

Die Engelse gesegde lui dat die enigste dinge waarvan ʼn mens seker kan wees die dood en belasting is. Tog word ʼn baie groot deel van die samelewing se arbeid daaraan gewy om onsekerheid te verminder. Mense neem versekeringspolisse uit om onsekerheid oor besittings en inkomste te verminder. Mense sluit by vakbonde aan om onsekerheid oor toestande in die werksplek te verminder.

Selfs op ʼn groter skaal is baie van die dinge wat die mensdom doen eintlik daarop gemik om onsekerheid te verminder. Akkurate horlosies is ontwerp om onsekerheid oor afsprake te verminder. Betroubare vervoerstelsels word ontwerp om onsekerheid oor vervoer te verminder. Daar is selfs netwerke van posisioneringsatelliete in die buitenste ruim om onsekerheid oor mense se posisies op die aarde te verminder. Die hele vakgebied van ekonomie is daarop gegrond om onsekerheid te verminder, maar nie om definitiewe sekerheid te gee nie.
Lees verder ‘Eerste prys is minder onsekerheid’

Aurora gee myn weg op TV

 

Gisteraand was daar ʼn debat op die program  Asikhulume op SABC1. Die debat het gehandel oor die werkers se lot by die goudmyne van Aurora. Die debat het finaal bewys dat Aurora totaal onbevoeg is om die myne te bestuur. Sommer op TV het die direkteur van Aurora, Thulane Ngubane dan ook die myne weggegee. Asof die TV kykers iets daaraan kan doen. Na die tyd het die TV kykers egter 100% gestem dat Aurora onbevoeg is om die myne te bestuur.

Lees verder ‘Aurora gee myn weg op TV’

Blaaskans vir goudmyne

Kliek op die grafiek om dit te vergroot

Kliek op die grafiek om dit te vergroot

Lesers wat in die mynbedryf werk, sal weet dat die goudmynbedryf in Suid-Afrika die afgelope klompie jare nie te waffers vaar nie. Myne raak dieper, hoëgraadse erts raak al skaarser en bedryfskostes styg.

Die goeie nuus wat die Europese skuldprobleme meegebring het, is dat die dollar-goudprys sedert einde Maart reeds met sowat 11% gestyg het. In dieselfde tydperk het die rand se wisselkoers teenoor die dollar met sowat 3% verswak. Tesame beteken dit dat die rand-goudprys (die prys wat belangrik is vir ons plaaslike goudmyne) met sowat 14% gestyg het tot R9 350 per ons in die afgelope maand en ʼn half. Lees verder ‘Blaaskans vir goudmyne’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube