Ek kan nie meer elke dag die geweld in die media lees nie! Ek wil dit nie meer lees nie! Maar ek vermoed ons gaan dit nog lank lees. Terwyl ek dit sê, weet ek God gee ons tog altyd die krag om meer en meer te hanteer, maar wat verwag Hy van ons? Moet ons net bid vir ons land? Of wil die Here tog hê ons moet iets raak sien, iets besef? Ek weet nie, maar na vanoggend se soveelste misdaad in die koerante wonder ek wat moet ons doen?
Beed berig: klik hier.
Sleutelwoord Argief vir 'misdaad'Bladsy 2 van 2
Solidariteit gaan vandag 107 000 misdaadbriewe aan Zuma oorhandig en daarna ‘n geslote gesprek met Zuma voer oor die bekamping van misdaad en ook sake rakende die polisiediens. Daar is baie ondersteuning vir hierdie stukkie aktivistiese briljantheid, maar daar is ook die handvol dit-gaan-nie-help-nie-kritici. Toegegee, Zuma het nie baie jare in skool deurgebring nie maar die lees van die briewe is nie al waaroor dit gaan nie.
Dit gaan oor die mobilisasie van Suid-Afrikaners oor iets waaroor ons sterk voel, dit gaan oor die bewusmaking van ‘n kwessie wat ons almal raak, dit gaan daaroor dat die regering moet besef dat hulle meer aandag daaraan moet gee, dit gaan daaroor dat nasionale en internasionale media druk op die regering plaas. Massa aksies soos hierdie maak misdaad weer ‘n nommer een besprekingspunt. Verder gaan Solidariteit ook die polisiediens met die regering bespreek en maniere voorstel van hoe vaardighede in die land gebruik kan word om misdaad te bekamp.
Lees verder ‘Aan elkeen wat dink die misdaadbriewe help nie…’
A shocking music video, in which South Africans who have lost loved ones due to crime take a stand against this problem, was today released by the trade union Solidarity in conjunction with the band Niemand. The music video of the song Jericho forms part of Solidarity’s campaign against crime.
Look at video.
Listen to RSG interview with Joe Niemand. Lees Afrikaanse verklaring. Luister na Solidariteitradio onderhoud. Lees Beeld artikel.
Lees verder ‘South Africans stand up against crime with music video’
Misdaad is net so groot probleem as wat mens dit toelaat om te wees. Al ooit gewonder hoekom Indië meer arm mense het as Suid-Afrika maar nie naastenby dieselfde misdaadsyfers nie. Wel, ek het. Misdaad is ‘n eenvoudige speletjie, of jy honger, dors, armoede, werkloosheid, desperaatheid of apartheid die skuld gee is daar steeds een ding wat misdadigers in gemeen het. Die vervalling van hule eie morele integriteit en die vernietiging van ‘n hul morele kompasse.
Lees verder ‘Misdaad nie die groot probleem nie’

