Bladsy 1 van 212

Sleutelwoord Argief vir 'misdaad'

“Increase in police killings”?

Ek lees nou dat die Kabinet hul kommer uitgespreek het oor die “increase in police killings”.

Dit is ‘n onderwerp wat die afgelope tyd gedurig ter sprake kom, veral gedryf deur Bheki Cele. Is dit egter waar dat daar ‘n toename in polisielede is wat sterf tydens die uitvoering van hul pligte?

‘n Vinnige soektog deur ‘n paar tersaaklike databronne (onder-andere die SA Instituut vir Rasseverhoudinge se jaarboek van 2009/10, asook verskeie jaarverslae van die polisie) het die volgende inligting opgelewer.

Lees verder ‘“Increase in police killings”?’

Kwaad!!!

Ek sit vanoggend met ‘n vreeslike kwaad in my! ‘n Rilling van magteloosheid, van woede, vreeslike emosies. Wat moet ons doen, hoe moet ons dit doen, hoe gaan ons keer dat nog so ‘n duiwelsaanval plaasvind? Ek het beslis nie die antwoorde nie, maar my hart huil oor die pragtige gesin wat so wreed, so brutaal vermoor is. En hulle is nie die enigstes nie, daar is elke dag gesinne wat uitmekaar geskeur word deur wrede moorde op plase en op ons mense regoor die land.

Lees die berig in Beeld vandag.

Hier is die vermeende moordenaars, wrede plaasaanvallers:

(Foto: Jana van der Merwe, Beeld)

Tienduisende Suid-Afrikaners neem deel aan misdaadprotes

 

b1

Tienduisende Suid-Afrikaners van 352 gemeenskappe het vandag memorandums aan polisiestasies dwarsoor Suid-Afrika oorhandig. Die dag van protes teen misdaad is deur die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand) gereël. Volgens Solidariteit is dit die meeste memorandums wat nóg op een dag in Suid-Afrika oorhandig is en die grootste protesaksie teen misdaad tot nou toe. In Pretoria het sowat 1500 mense saamgetrek en is 27 memorandums aan polisiestasies in dié stad oorhandig.

Kyk SABC2 en SABC3 nuus.

Luister na Radio Pretoria, SAfm, SAfm deel 2 ,  SAfm deel3 en Jozi FM. Luister Spektrum, 702, 702. Highveld, Rippel.

Lees The Citizen,The Mercury enPretoria News. Lees Beeld en Die Burger.

Plaaslik berig die Kouga Express en Volksblad oor die Heilbron aksie. Lees George Herald en Weslander.

Lees verder ‘Tienduisende Suid-Afrikaners neem deel aan misdaadprotes’

Koste van misdaad in SA dalk meer as dié van oorlog – Solidariteit-studie

Harties1

 

Terwyl Suid-Afrikaners dag na dag om oorlewing in ʼn misdaaddeurdrenkte land moet veg, toon ʼn studie van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) nou dat die direkte en indirekte koste van misdaad meer as dié van oorlog kan wees.
 
Die finansiële implikasies van misdaad hou verreikende gevolge vir Suid-Afrikaners in, het die SNI bevind. Die Instituut hou egter nou vol dat die Verenigde Nasies se bevinding in 2008 dat die koste van geweldsmisdaad selfs dié van oorlog kan oorskry moontlik waar kan wees vir Suid-Afrika.

Dit is juis wat Solidariteit in sy misdaad memorandum  probeer saamvat het wat Woensdag landwyd  oorhandig gaan word.

Lees ook: Memorandum on the cost of crime in South Africa.

Lees Rapport.

Lees verder ‘Koste van misdaad in SA dalk meer as dié van oorlog – Solidariteit-studie’

Mooi was nog nooit lelik nie

Suid-Afrika, die land van melk en heuning…dalk nou nie volroom melk nie en dalk bitter heuning, maar dit is steeds melk en heuning. Min mense besef hoe pragtig ons land is en hoeveel goeie dinge daar is om aan vas te klou. Prieska en Graaf-Reinet is sekerlik mooier as Julius Malema maar steeds kyk ons eerder in hom vas. Die Drakensberge, Taalmonument  en Pilansberge is seker mooier as swak dienslewering. Die 900 voël spesies, Langebaan Lagoon en Voortrekker monument is sekerlik beter as die land se korrupsie. Die skoonheid van die Gansbaai in die Suide en  St. Helena baai aan die Weskus is veel beter as Suid-Afrika se verkeersprobleme. Ons Kaap-Duitse argitektuur en Gauteng se multikulturele “plek van goud” is meer aanloklik as ons misdaadsyfers, Blyde rivier vallei in Mpumalanga en sommer ook Makapansgat in Limpopo se natuurskoon moet ons meer spraakloos laat as die stygende petrolprys.
Lees verder ‘Mooi was nog nooit lelik nie’

‘n AWB vergadering

Eugene is dood. Die oproering, die konflik, die oneindige frustrasie en die ligte skelm glimlag as mens dink aan die tyding van die gebeure. In die groter prentjie is dit goed dat Eugene nie net een stil aand in sy bed gesterf het agv ouderdom nie, maar dat sy dood skokgolwe deur die land kon stuur en as ammunisie teen plaasaanvalle en misdaad in Suid-Afrika gebruik kan word. Dit is tragies, iemand se pa, iemand se man en iemand se kind is dood. Dit voel amper of ek hom persoonlik geken het. Met al die gevoelens en gemoedere wat hoog loop, is die hele land eintlik nou een groot AWB vergadering. Lees verder ‘‘n AWB vergadering’

Bladsy 1 van 212



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube