Sleutelwoord Argief vir 'lewenskoste'

Brandstof, medies en onderwys grootste VPI-sondaars

Die verbruikersprysindeks (VPI) is ’n instrument wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) gebruik om die aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere en -dienste by benadering te meet. Hierdie aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere is verbruikersprysinflasie. Dit is slegs een vorm van inflasie, aangesien dit nie (behalwe op baie indirekte wyse) veranderinge in die koopkrag van geld ten opsigte van dinge soos vaste en finansiële bates of intermediêre goedere en dienste inreken nie.

Te oordeel aan die kommentaar wat ontvang word elke keer as SSA die VPI-inflasiekoers aankondig (die jongste syfer was 5%), heers daar groot skeptisisme oor die akkuraatheid van VPI-inflasie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van hoe dit veranderinge in lewenskoste weerspieël. Lees verder ‘Brandstof, medies en onderwys grootste VPI-sondaars’

Petrolgeld of tyd – wat is die belangrikste?

“Sal jy vir betaling van R40 vir ʼn uur in jou kar sit en niks doen, dalk na die radio luister, in ʼn veilige, gratis parkeerterrein op pad huis toe van die werk af vanaand?”

In antwoord op hierdie vraag het ʼn (totaal onverteenwoodigende) klein steekproef van mense beslis geantwoord: “Nee, ek sal nie – dis heeltemal te min vergoeding vir my kosbare tyd!”

Hierdie reaksie toon hoe mense bewus is van hul beperkte voorraad van tyd. Elke dag het net 24 ure, en keuses oor wat met elke onvervangbare uur gedoen sal word, word voordurend gemaak. Die groep wat die bostaande vraag beantwoord het, het blitsig besluit dat ʼn uur in die aand by die huis veel meer kosbaar is as ʼn addisionele R40 in hul beursies. Lees verder ‘Petrolgeld of tyd – wat is die belangrikste?’

Begroot vir petrol van R9 tot R13 per liter

Petrolpryse bly ʼn omstrede kwessie. Talle algemene vrae hieroor is al hier in vorige artikels beantwoord. ʼn Besonder praktiese vraag wat egter nog nie beantwoord is nie, is: Hoeveel geld moet ek in my begroting opsy sit vir brandstof?

Aangesien fluktuasies in brandstofpryse hoofsaaklik deur veranderinge in die rand/dollar-wisselkoers en internasionale pryse van petroleumprodukte veroorsaak word, is dit moeilik om ʼn presiese antwoord op hierdie vraag te verskaf. Skattings, wat as ʼn begrotingshulpmiddel kan dien, kan egter in ʼn breë band gemaak word.
Lees verder ‘Begroot vir petrol van R9 tot R13 per liter’

Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)

(Hierdie artikel is ʼn vervolging van verlede week se artikel wat hier beskikbaar is.)

Mense se onwilligheid om te glo dat kospryse gedaal het, spruit uit verskillende foute wat maklik begaan kan word.

Iemand wat tussen die winkelrakke loop en verwag om stygende pryse te sien, is daartoe geneig om slegs na die produkte met stygende pryse op te let. Die produkte waarvan die pryse dieselfde gebly of gedaal het, word dan maklik misgekyk. Die verwagting van stygende pryse word dan “bevestig” deur die waarneming, maar die waarneming word uit die staanspoor skeefgetrek deur die verwagting.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)’

Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 1)

In die afgelope tyd was daar lesersbriewe in minstens twee van Suid-Afrika se groot dagblaaie oor wat die lesers as foutiewe beriggewing deur die koerante beskou het. Eers het iemand in Business Day (“Hard to stomach”, 26 Maart 2012) en daarna het ʼn leser in Beeld (“Skrywer sê kospryse daal: Hy jok mos!”, 27 Maart 2012) gekla.

Die kern van hierdie twee lesers se klagtes is dat die koerante, in hul berigte oor Februarie se inflasiesyfers, wat op 22 Maart vrygestel is, verkeerdelik berig het dat kospryse van Januarie tot Februarie gedaal het. Die leser van Business Day het aangevoer dat die koerant in plaas van “food prices drop” eerder moes gesê het “food-price inflation drops”. Die leser van Beeld is met “skok en afgryse” vervul oor die “onwaarheid” dat Beeld gesê het dat kospryse daal.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 1)’

Die direkte invloed van ʼn laer Eskomverhoging op VPI

Daar is onlangs aangekondig dat Eskom se elektrisiteitstariewe nie meer vanjaar met gemiddeld 25,9% sal styg nie, maar met sowat 16% sal styg. Dit is uit verskeie oorde verwelkom, hoewel talle mense steeds daarop gewys het dat 16% nogtans ʼn baie hoë styging is, veral omdat dit op etlike jare se uiters hoë stygings volg. Dit kan egter tog meebring dat die inflasiesyfer daal. Dit klink dalk vreemd dat ʼn prysstyging die inflasiesyfer kan laat daal, maar dit is tog moontlik.
Lees verder ‘Die direkte invloed van ʼn laer Eskomverhoging op VPI’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube