Gepubliseer .

Die verbruikersprysindeks (VPI) is ’n instrument wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) gebruik om die aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere en -dienste by benadering te meet. Hierdie aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere is verbruikersprysinflasie. Dit is slegs een vorm van inflasie, aangesien dit nie (behalwe op baie indirekte wyse) veranderinge in die koopkrag van geld ten opsigte van dinge soos vaste en finansiële bates of intermediêre goedere en dienste inreken nie.
Te oordeel aan die kommentaar wat ontvang word elke keer as SSA die VPI-inflasiekoers aankondig (die jongste syfer was 5%), heers daar groot skeptisisme oor die akkuraatheid van VPI-inflasie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van hoe dit veranderinge in lewenskoste weerspieël. Lees verder ‘Brandstof, medies en onderwys grootste VPI-sondaars’
Gepubliseer .
Met die prys van 93-oktaan petrol wat oor die afgelope twee maande met R1,44 per liter gedaal het, is dalende brandstofpryse inderdaad goeie nuus. Vir talle mense word hierdie goeie nuus egter daardeur oorskadu dat geen noemenswaardige dalings te bespeur is in kospryse op die rakke van supermarkte nie.
Daar bestaan egter nie veel rede om te verwag dat kospryse moet daal as brandstofpryse daal nie. Lees verder ‘Geen sterk verband tussen brandstofpryse en kospryse’
Gepubliseer .
(Hierdie artikel is ʼn vervolging van verlede week se artikel wat hier beskikbaar is.)
Mense se onwilligheid om te glo dat kospryse gedaal het, spruit uit verskillende foute wat maklik begaan kan word.
Iemand wat tussen die winkelrakke loop en verwag om stygende pryse te sien, is daartoe geneig om slegs na die produkte met stygende pryse op te let. Die produkte waarvan die pryse dieselfde gebly of gedaal het, word dan maklik misgekyk. Die verwagting van stygende pryse word dan “bevestig” deur die waarneming, maar die waarneming word uit die staanspoor skeefgetrek deur die verwagting.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)’
Gepubliseer .
In die afgelope tyd was daar lesersbriewe in minstens twee van Suid-Afrika se groot dagblaaie oor wat die lesers as foutiewe beriggewing deur die koerante beskou het. Eers het iemand in Business Day (“Hard to stomach”, 26 Maart 2012) en daarna het ʼn leser in Beeld (“Skrywer sê kospryse daal: Hy jok mos!”, 27 Maart 2012) gekla.
Die kern van hierdie twee lesers se klagtes is dat die koerante, in hul berigte oor Februarie se inflasiesyfers, wat op 22 Maart vrygestel is, verkeerdelik berig het dat kospryse van Januarie tot Februarie gedaal het. Die leser van Business Day het aangevoer dat die koerant in plaas van “food prices drop” eerder moes gesê het “food-price inflation drops”. Die leser van Beeld is met “skok en afgryse” vervul oor die “onwaarheid” dat Beeld gesê het dat kospryse daal.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 1)’
Gepubliseer .
Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die inflasiesyfers vir Augustus bekendgemaak. Die algehele verbruikersprysindeks (VPI) was 5,3% hoër in Augustus 2011 as wat dit in Augustus 2010 was. Indien kos- en energiepryse (insluitend petrol en elektrisiteit) uitgelaat word, was die styging slegs 3,8%. Kos het ʼn inflasiekoers van 7,3% in Augustus 2011 gehad, terwyl petrol se prys 23,5% hoër was as ʼn jaar gelede.
Indien die afgelope 12 maande in oënskou geneem word, kan gesien word dat kos- en energiepryse veral sedert Januarie 2011 weer groot dryfvere van inflasie geword het. In Desember 2010 was algehele inflasie 3,5%, en inflasie sonder kos- en energiepryse was 3,3%, ʼn verskil van slegs een vyfde van ʼn persentasiepunt. Sedertdien het die verskil vergroot tot 1,5 persentasiepunte.
Lees verder ‘VPI-inflasie gedryf deur kos en energie’
Gepubliseer .
Beide die amptelike kosprys-indeks van Statistieke Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir ses maande op ʼn volgehoue basis. Die styging in die amptelike indeks was sowat 5,9% en die basiese mandjie het ʼn styging van 7,3% getoon.
Lees verder ‘Kospryse styg al ses maande skerp’