Sleutelwoord Argief vir 'kos'

VPI-inflasie gedryf deur kos en energie

Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die inflasiesyfers vir Augustus bekendgemaak. Die algehele verbruikersprysindeks (VPI) was 5,3% hoër in Augustus 2011 as wat dit in Augustus 2010 was. Indien kos- en energiepryse (insluitend petrol en elektrisiteit) uitgelaat word, was die styging slegs 3,8%. Kos het ʼn inflasiekoers van 7,3% in Augustus 2011 gehad, terwyl petrol se prys 23,5% hoër was as ʼn jaar gelede.

Indien die afgelope 12 maande in oënskou geneem word, kan gesien word dat kos- en energiepryse veral sedert Januarie 2011 weer groot dryfvere van inflasie geword het. In Desember 2010 was algehele inflasie 3,5%, en inflasie sonder kos- en energiepryse was 3,3%, ʼn verskil van slegs een vyfde van ʼn persentasiepunt. Sedertdien het die verskil vergroot tot 1,5 persentasiepunte.
Lees verder ‘VPI-inflasie gedryf deur kos en energie’

Kospryse styg al ses maande skerp

Beide die amptelike kosprys-indeks van Statistieke Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir ses maande op ʼn volgehoue basis. Die styging in die amptelike indeks was sowat 5,9% en die basiese mandjie het ʼn styging van 7,3% getoon.
Lees verder ‘Kospryse styg al ses maande skerp’

Kospryse hoog sedert 2008

Nadat onveranderde kospryse in 2010 gehelp het om inflasie in toom te bring, word daar nou weer gewaarsku dat die situasie binnekort omgekeer kan word indien onlangse stygings in talle internasionale voedselkommoditeitspryse volgehou word. Die relatief sterk rand word as een rede voorgehou waarom ons in Suid-Afrika nog nie die effek van die stygende kommoditeitspryse op die winkelrakke gewaar het nie.

Daar is ʼn mate van waarheid in hierdie stelling, maar daar is ook ʼn ander faktor wat bydra daartoe dat ons kospryse nog nie weer beduidend begin styg het nie: Gemiddeld het kospryse in Suid-Afrika nooit weer ná 2008 se styging beduidend gedaal nie.
Lees verder ‘Kospryse hoog sedert 2008′

Kos bly steeds duur

Click op die grafiek om dit te vergroot

Click op die grafiek om dit te vergroot

Daar is gedurig berigte in die media dat voedselinflasie daal. Onlangs is daar weer berig dat “voedselinflasie nou onder die Reserwebank se teiken is”. Hierdie dinge is waar – voedselinflasie het inderdaad gedaal en is nou, met ʼn jaar-op-jaar getal van 2,4%, onder die Reserwebank se teikenband van 3% tot 6%.

Hierdie berigte kan mense egter onder die indruk bring dat kospryse nou laer is as ʼn jaar gelede. Dit is ongelukkig nie waar nie. In Januarie 2010 het StatsSA se amptelike meting van kospryse in der waarheid ʼn hoogtepunt bereik. Die indekssyfer het op 110,9 te staan gekom, teenoor die vorige hoogtepunt van 110,1 in Mei 2009. Die feit dat voedselinflasie daal, beteken slegs dat disinflasie plaasvind. Disinflasie is nie dieselfde as deflasie nie. Tydens disinflasie styg pryse steeds, maar teen ʼn stadiger tempo as voorheen. Dit is slegs tydens deflasie wat pryse daal. Hoewel ons wel in drie maande van verlede jaar kortliks maand-op-maand matige deflasie van voedselpryse gesien het, was die stygings tydens die ander maande oorgenoeg om dit uit te kanselleer.
Lees verder ‘Kos bly steeds duur’

Voedselpryse styg steeds

voedselpryse-styg-steeds

Kliek op die grafiek om dit te vergroot

Die media berig vir die afgelope paar maande dikwels dat laer druk vanaf voedselpryse besig is om laer inflasie teweeg te bring. Die manier waarop hierdie verskynsel bespreek word laat dit dikwels klink asof voedselpryse besig is om te daal. Dis is egter nie waar nie. Net omdat voedselinflasie minder as voorheen bydra tot die totale verbruikersprysindeks se styging beteken nie dat voedselpryse daal nie.

Gedurende 2009 het voedselpryse slegs in Junie en Julie gemiddeld gedaal, onderskeidelik met  0,3% en 0,4%. Gedurende al die ander maande het voedselpryse gestyg – soveel so dat gemiddelde voedselpryse volgens StatsSA steeds 1,9% hoër was in Oktober as in Januarie (en 3,7% hoër as in Desember 2008). Die ekwivalente syfer vir verlede jaar (die styging vanaf Januarie tot Oktober 2008) was 11,9%. Hierdie jaar se styging is dus weliswaar nie so groot soos verlede jaar s’n nie, maar dit is steeds ʼn styging.
Lees verder ‘Voedselpryse styg steeds’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube