Suid-Afrikaners se beursies was, met reg, redelik dig toegeknyp deur die loop van 2009. Kleinhandelverkope was gedurende die eerste 11 maande van 2009 in reële terme (dit wil sê: aangepas vir inflasie) gemiddeld 5% laer as gedurende die eerste 11 maande van 2008.
In Desember 2009 is die geld egter weer ietwat vinniger bestee, met slegs ʼn 3,7% daling in reële terme teenoor die laaste maand van die vorige jaar. In Desember 2009 was daar (in 2008-rande) R53 745 miljard se kleinhandelverkope – 40,2% meer as die maandelikse gemiddeld van die vorige 11 maande (R38 341 miljard).
Lees verder ‘SA koop lustig in Desember’










