Sleutelwoord Argief vir 'kersfees'

Pille vir Kersfees

Vanoggend op pad werk toe luister ek na die bekende liedjie deur die opkomende Afrikaanse groep “ Heuwels Fantasties”.

Maak dit sommer `n pakkie van 31 pille asseblief: Een vir elke dag van Desember.

Dan kan ek die plastiekbome hanteer, kunsmatige sneeu , die bling-bling versierings, omies in rooi veltpakke met huilende babas op hulle skoot en daardie tref-en-trap oomblikke tussen waentjies en jou voet. Dan kan ek ook saam met die Waterkloof-tannies my Prozac glimlag uitdeel onder die magdom siele wat elke Desember skielik soos die Egiptenare van ouds met een of ander skeet ontwaak en blind, stom of kreupel by die verkeerslig gaan staan.

Lees verder ‘Pille vir Kersfees’

SA koop lustig in Desember

Click op die grafiek om dit te vergroot

Click op die grafiek om dit te vergroot

Suid-Afrikaners se beursies was, met reg, redelik dig toegeknyp deur die loop van 2009. Kleinhandelverkope was gedurende die eerste 11 maande van 2009 in reële terme (dit wil sê: aangepas vir inflasie) gemiddeld 5% laer as gedurende die eerste 11 maande van 2008.

In Desember 2009 is die geld egter weer ietwat vinniger bestee, met slegs ʼn 3,7% daling in reële terme teenoor die laaste maand van die vorige jaar. In Desember 2009 was daar (in 2008-rande) R53 745 miljard se kleinhandelverkope – 40,2% meer as die maandelikse gemiddeld van die vorige 11 maande (R38 341 miljard).
Lees verder ‘SA koop lustig in Desember’

Solidariteit Radio se stem nie stil oor Kersfees

Die gelukkiges span reeds by hul gunsteling vakansieplekke uit terwyl ʼn paar bittereinders eers voor Kersnaweek die lang pad sal aanpak. Ander ry met Jan Tuisbly se karretjie. Waar jy jou ook al bevind dié Kersseisoen, Solidariteit Radio is daar om jou geselskap te hou.
Tussen Kersfees en die nuwe jaar, kyk die aanbieders van Mense op Maandag, DinsdagForum, Tossie Lochner, Suid-Afrika, Dirk op Donderdag, VakbondNuus, Vasvat op Vrydag en In Solidariteit, terug na die hoogtepunte van Solidariteit Radio in 2009.

Lees verder ‘Solidariteit Radio se stem nie stil oor Kersfees’

In Desember is inkopies koning

Kleinhandelverkope oor Desember

Click op die grafiek om dit te vergroot

.

.

.

.

.

.

.

Almal weet dat Desember die tyd van die jaar is waarin ʼn mens kwalik kan beweeg tussen die winkelrakke en in ellelange toue moet staan by die kasregisters, soos hordes mense toesak op die winkels om Kersgeskenke te koop. Hierdie reuse samedromming word mooi voorgestel deur StatsSA se nie-seisoenaangepaste data oor kleinhandelsverkope wat in die bygaande grafiek vertoon word. Elke Desember is winkels ongeveer 45% besiger as gedurende die ander 11 maande van die jaar!




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube