Solidariteit en AfriForum is tans gewikkel in verskeie hoë-profiel hofsake. Die eerste een is die Malema-haatspraaksaak wat tans in die Gelykheidshof in Johannesburg aan die gang is. Die tweede saak begin vandag in die Hooggeregshof in Pretoria teen die Zimbabwiese regering. Die derde saak begin op 4 Mei in die Arbeidsappèlhof in Johannesburg, waar die polisie appelleer teen ons oorwinning in die Arbeidshof in die Renate Barnard regstellende aksie saak.
Lees verder ‘Ons veg vir ‘n beter, veiliger en regverdiger land’
Sleutelwoord Argief vir 'Julius Malema'
“Julius en sy kamerade het groter planne as wat almal dink” of ”hier kom moeilikheid, het jy gehoor wat hy sê van…”. Gerugte is ‘n lekker wapen wat gepas is vir elke geleentheid. Dit kan strategies om die braaivleisvuur gebruik word om aandag te trek, dit is ook ‘n wenner om ‘n nuwe gesprek te begin met iemand wat jy nie ken nie en dit gee mens so gevoel van vervulling as jy vir iemand iets kan vertel wat hy/sy nie geweet het nie. Daar is altyd ‘n storie agter die storie. Hier is my weeklikse gerugte van wat “regtig” gebeur het:
Lees verder ‘Wat “regtig” gebeur het…’
Julius Liar Malema het besluit om die sosiale media te verlaat. Malema het nie meer vriende op Faceboek. Hy het nie eers ‘n Faceboekgroep/bladsy in sy eie woorde op 702. Kyk hier na sy skim op Facebook.
Sy vriendskapgroep/fanclub bestaan egter nie meer nie nadat dit verwyder is. Vroeg in die week het dit nog 20 000 vriende gehad. Trouens Malema beweer hy het nooit ʼn vriendskapsgroep gehad nie volgens Beeld. Sy vyande op Faceboek trek verby die 201 000 op die grootste vier groepe. Sien vorige blog.
Lees verder ‘Julius Malema het nie meer vriende op Faceboek’
Almal was verniet kwaad vir die ANC Jeugliga oor onlangse Faceboek inskrywings. Soos gewoonlik is hul onskuldig volgens comrade Floyd Shivambu. Sien vorige blog oor bohaai. En om te dink dat die media en die helfte van die wit bevolking die snert vir soetkoek opeet volgens die jeugliga.
AfriForum het ‘n prokureurs brief aan Julius Malema gestuur en eis ‘n verskoning voor vanmiddag 16H00. Sapa berig.
AfriForum Jeug het ook sterk gereageer op die ANC Jeugliga se Facebook ontkenning. Sapa berig.
Sapa berig in The Witness dat Malema se vyande by die dag meer word. Daar het ook 351 Boere met die hulp van die DA ‘n klagte by die Menseregte Kommisie teen Malema ingedien.
Luister op Solidariteitradio oor terugvoer oor klagtes teen Malema en verlede week se optog.
Die enigste plek waar Julius Malema ʼn minderheid is, is in die sosiale media. Julius Malema het 169 000 vyande op Faceboek en 14 900 vriende. Sien vorige blog. Ek het ook ʼn strategie uitgewerk en aanbeveel hou daar met Julius Liar Malema omgegaan moet word. Malema se vyande het die afgelope week meer geword soos byvoorbeeld in die media. Hy is egter nog ‘n leier met geweldige invloed soos die spotprent bo getuig.
e24 deel 1 en deel 2 berig oor Julius Malema se optrede en dat hy te ver gegaan het volgens prof Daryl Glaser.
Lees verder ‘Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende. Week twee.’
Gister is ʼn strategie onthul waar Julius Malema aangevat moet word naamlik die sosiale media. Die enigste plek waar Julius Malema ʼn minderheid is, is in die sosiale media. Malema het meer vyande op Faceboek as vriende. Na vandag is hy minus sy een Faceboekgroep wat weens haatspraak verdwyn het. ‘n Vinnige teling van vriende toon dat hy 12400 vriende het en 68 800 vyande op verskeie groepe. Die vyande word vinniger by die dag meer.
Lees verder ‘Julius Malema het meer vyande in die media as vriende’









