Die ANC het tydens die afgelope paar dae homself as ‘n rassistiese organisasie bewys. Indien enige van ons hieroor getwyfel het, is daar nou geen meer rede om te twyfel nie. Dit is erg om te dink dat die regerende party in Suid-Afrika blatante rassisme goedkeur. Waar is President Zuma, die groot fakkeldraer van versoening tussen verskillende rassegroepe? Lees verder ‘ANC wil net nie rassisme in eie geledere afkeur nie’
Sleutelwoord Argief vir 'Jacob Zuma'
Meer as 136 000 briewe is vir president Zuma gestuur. Al die briewe is na sy adres in sy nasionale inbelsentrum ook gestuur. Een brief is egter persoonlik deur Dirk Hermann aan president Zuma oorhandig. Die brief is geskryf deur die sanger Joe Niemand.
Lees: Letter to President Zuma. Saam met die brief is ʼn dvd van die liedjie Jericho oorhandig en ʼn cd van sy album: It is war waarop die liedjie Jericho verskyn.
Joe Niemand tree ook dan op as Angus Buchan se sanger tydens sy byeenkomste.

Met die eerste besoek aan Zuma is 23 000 briewe geneem. Nou word meer as 100 000 boodskappe beplan. Foto: N Engelbrect Sapa
Volgende Dinsdag is daar weer ʼn afspraak gemaak met president Zuma in Kaapstad. Dit is dubbel en dwars bevestig dat hy dit sal ontvang. Sien die vorige briewe het kleintjies gekry. Die keer kom Solidariteit nie met 23 000 briewe nie maar wil met meer as 100 000 boodskappe opdaag oor misdaad. Lees Beeld. Tans is meer as 67 444 boodskappe reeds ontvang en nog boodskappe stroom in.
Lees ook die nuwe Misdaadbrief aan Zuma wat aan die ondersteuners van die veldtog gestuur is.









