Sleutelwoord Argief vir 'infrastruktuur'

Liggie aan die einde van die konstruksietonnel?

Solidariteit het vroeër in die week ʼn persverklaring uitgestuur waarin die stand van die konstruksiebedryf bespreek is. Daarin is vlugtig na verskeie aanwysers van aktiwiteit in dié sektor verwys, maar uit die aard van die saak kan ʼn persverklaring nie vreeslik in diepte op die data fokus nie.

Een spesifieke aanwyser waarna in die verklaring verwys is, is die data wat Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) maandeliks vrystel oor die bouplanne wat deur groot munisipaliteite goedgekeur word en ook die geboue wat as voltooid gerapporteer word aan dié munisipaliteite. Stats SA skat dat die munisipaliteite wat ingesluit word, bykans 90% van alle konstruksie-aktiwiteit in Suid-Afrika verteenwoordig. Die data handel slegs oor die privaatsektor se bou-aktiwiteit en sluit nie bouwerk deur die staat in nie. Goedgekeurde bouplanne in 2010 was tot en met September sowat 14% laer as vir dieselfde tydperk in 2009 en sowat 40% laer as vir 2008. Vir voltooide bouwerk was die syfers -29% en -35%.
Lees verder ‘Liggie aan die einde van die konstruksietonnel?’

Die padwoede pandemie

Ek het gister weereens tot die gevolgtrekking gekom. Op Suid-Afrika se paaie is daar ‘n lewensgevaarlike virus, genaamd padvarke. Padvarke wat met een doel in hul motors klim en dit is om so ongeskik, onbeskof, onbedagsaam en sommer net onverantwoordelik as moontlik te wees. En wat laat hulle agter? ‘n Pandemie van padwoede. En maak iemand kwaad genoeg op die pad en hy verander ook in ‘n padvark. ‘n Pandemie…

Lees verder ‘Die padwoede pandemie’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube