Bladsy 4 van 4« Eerste...234

Sleutelwoord Argief vir 'inflasie'Bladsy 4 van 4

Inflasie – Wat is dit nou eintlik? (Deel 2)

(Vervolg vanaf verlede week se artikel.)

Vir die benaderde meting van inflasie word daar vir praktiese doeleindes in die meeste lande in die wêreld word ʼn lys of mandjie van goedere gebruik waarvan die pryse deur die nasionale statistiekagentskap by winkels regoor die land versamel word. Daar word aan veranderinge in elkeen van hierdie pryse ʼn relatiewe belangrikheid, of “gewig”, toegeken volgens die gemiddelde aandeel wat dit van die bevolking se besteding dra. Die gewig wat ʼn verandering in die prys van petrol dra, is dus baie groter as die gewig wat ʼn verandering in die prys van skoenpolitoer dra, aangesien baie meer van ʼn gemiddelde Suid-Afrikaner se geld aan petrol as aan skoenpolitoer bestee word.
Lees verder ‘Inflasie – Wat is dit nou eintlik? (Deel 2)’

Inflasie – wat is dit nou eintlik? (Deel 1)

Inflasie is iets wat, veral in die vakbondwêreld, dikwels ter sprake kom. Die werklike inhoud van die begrip “inflasie” is egter ʼn duistere saak vir vele. Die meeste mense het waarskynlik darem ʼn idee dat hoë inflasie iets is wat sleg is en dat dit iets te doen het met “CPIX”. Daar is ook mense wat dink dat hulle presies weet wat inflasie is, maar wat eintlik ʼn verdraaide opvatting het. Hierdie artikel poog om die onkunde en verkeerde idees uit die weg te ruim.

Lees verder ‘Inflasie – wat is dit nou eintlik? (Deel 1)’

Petrol se basis-effek stook inflasie

Click op die grafiek om dit te vergroot

Click op die grafiek om dit te vergroot

Inflasie, soos oor ʼn jaartydperk deur die verbruikersprysindeks (VPI) gemeet, vir Desember 2009 het op 6,3% te staan gekom. Dit volg op die vorige twee maande se syfers van 5,9% en 5,8% wat beide laer as die boonste perk van die 3%- tot 6%-teiken van die Reserwebank was. Die feit dat VPI-inflasie weer buite die teikenband lê, is egter nie groot rede vir kommer nie. Dit is byna uitsluitlik die gevolg van die petrolprys, en nie omdat die petrolprys in Desember 2009 buitengewoon hoog was nie, maar omdat dit in Desember 2008 so laag was.
Lees verder ‘Petrol se basis-effek stook inflasie’

Voedselpryse styg steeds

voedselpryse-styg-steeds

Kliek op die grafiek om dit te vergroot

Die media berig vir die afgelope paar maande dikwels dat laer druk vanaf voedselpryse besig is om laer inflasie teweeg te bring. Die manier waarop hierdie verskynsel bespreek word laat dit dikwels klink asof voedselpryse besig is om te daal. Dis is egter nie waar nie. Net omdat voedselinflasie minder as voorheen bydra tot die totale verbruikersprysindeks se styging beteken nie dat voedselpryse daal nie.

Gedurende 2009 het voedselpryse slegs in Junie en Julie gemiddeld gedaal, onderskeidelik met  0,3% en 0,4%. Gedurende al die ander maande het voedselpryse gestyg – soveel so dat gemiddelde voedselpryse volgens StatsSA steeds 1,9% hoër was in Oktober as in Januarie (en 3,7% hoër as in Desember 2008). Die ekwivalente syfer vir verlede jaar (die styging vanaf Januarie tot Oktober 2008) was 11,9%. Hierdie jaar se styging is dus weliswaar nie so groot soos verlede jaar s’n nie, maar dit is steeds ʼn styging.
Lees verder ‘Voedselpryse styg steeds’

Inflasieverwagtinge is onrealisties

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) wat verbonde is aan die Universiteit van Stellenbosch doen sedert 2000 ʼn kwartaallikse opname oor inflasieverwagtinge onder besighede, ekonome/finansiële analitici en die arbeidsektor (hoofsaaklik vakbonde).

In die opname word aan deelnemers gevra wat hulle verwagtinge is vir die gemiddelde vlak van verbruikersprysinflasie vir die huidige jaar, die daaropvolgende jaar en die jaar daarna. In die eerste kwartaal (Q1) van elke jaar moet die deelnemers dus ʼn voorspelling maak met byna geen bekende data vir die jaar nie, terwyl die voorspelling in die derde kwartaal (Q3) slegs afhang van drie of vier maande se onbekende data. Daar sou dus verwag kon word dat die voorspellings vir die huidige jaar akkurater sou word soos wat die jaar einde se kant toe staan.

Verlede jaar se data kan as ʼn voorbeeld gebruik word: In die eerste kwartaal (2008Q1) was gemiddelde inflasieverwagtinge vir die hele jaar gelyk aan 8,2%. In die tweede kwartaal (2008Q2) het dit gestyg tot 9,5% aangesien werklike inflasie ook gestyg het. In 2008Q3 het dit geklim tot 10,6% en in 2008Q4 tot 11%. Die werklike gemiddeld vir inflasie in 2008 was gelyk aan 11,5%. Inflasieverwagtinge het dus, soos verwag, al nader aan die korrekte getal beweeg namate die voorspellingstydperk korter geword het. Die groep wat hierdie wiskunde klaarblyklik die beste verstaan, is ekonome, aangesien hul Q4-voorspellings tot dusver nog byna altyd binne ʼn 5%-variasie rondom die werklike getal was. Selfs hul Q3-voorspellings is gewoonlik binne ʼn 10%-variasie. Besigheid en arbeid is feitlik altyd heelwat verder verkeerd.
Lees verder ‘Inflasieverwagtinge is onrealisties’

Basis-effek deels verantwoordelik vir inflasie se daling

Basis-effek

Basis-effek

Inflasie het in 2009 reeds 2,2 persentasiepunte gedaal, vanaf ʼn hoogtepunt van 8,6% in Februarie tot 6,4% in Augustus. Hierdie is ʼn verblydende tendens, maar dit is tot ʼn groot mate nie te wyte aan pryse wat stadiger styg (of selfs daal) nie. Die meeste van die lesers hier sou ook nie agtergekom het dat hul maandelikse uitgawes gedurende 2009 begin krimp het nie. Iets wat veral sedert Junie ʼn groot invloed op hierdie swak verband tussen laer inflasie maar heelwat hoër pryse gehad het, was die basis-effek.

Die basis-effek op jaar-op-jaar inflasiesyfers kan, vergeleke met die vorige maand se jaar-op-jaarsyfer, die jaar-op-jaarsyfer in ʼn maand laat afneem, selfs al was die werklike styging van pryse gedurende daardie maand presies dieselfde as gedurende die vorige maand.
Hierdie begrip is ietwat van ʼn mondvol. Dit kan gelukkig goed geïllustreer word met ʼn voorbeeld vanuit Suid-Afrika se eie inflasiesyfers van hierdie einste jaar.

In Mei vanjaar was die jaar-op-jaar inflasiesyfer – die syfer waarop die teikenband van 3% tot 6% gebaseer is en die syfer wat altyd in die media aangehaal word – gelykstaande aan 8,0%. Dit beteken dat die algemene prysvlak van verbruikersgoedere en -dienste in Mei vanjaar 8,0% hoër was as wat dit in Mei 2008 was. Die styging van pryse gedurende Mei 2009, vergeleke met April 2009, was egter slegs 0,4% gewees.

Vergelyk nou die geval van Junie 2009, toe die jaar-op-jaar inflasiesyfer slegs 6,9% was. Dit is ʼn daling van 1,1 persentasiepunte teenoor die vorige maand se syfer. Dit moet tog beteken dat pryse van die dinge wat ek en jy moet aankoop in Junie gedaal het of baie minder gestyg het as in Mei, dan nie? Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Die prysstyging van verbruiksgoedere en -dienste vanaf Mei 2009 tot Junie 2009 was presies dieselfde as die vorige maand – ook 0,4%.

Lees verder ‘Basis-effek deels verantwoordelik vir inflasie se daling’

Bladsy 4 van 4« Eerste...234



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube