Bladsy 1 van 4123...Laaste »

Sleutelwoord Argief vir 'inflasie'

Aanbodkantinflasie oorheers

Inflasie het in September aanhou styg, tot 5,7% jaar tot jaar, teenoor Augustus se syfer van 5,3%. Dit is goed op dreef om die teikenband van 3% tot 6% se boonste grens teen die einde van die jaar te oorskry.

Die feit dat die grootste drywers van inflasie kos, brandstof en elektrisiteit is, verklaar waarom die Suid-Afrikaanse Reserwebank nog nie rentekoerse verhoog het om inflasie aan bande te lê nie. Lees verder ‘Aanbodkantinflasie oorheers’

VPI-inflasie gedryf deur kos en energie

Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die inflasiesyfers vir Augustus bekendgemaak. Die algehele verbruikersprysindeks (VPI) was 5,3% hoër in Augustus 2011 as wat dit in Augustus 2010 was. Indien kos- en energiepryse (insluitend petrol en elektrisiteit) uitgelaat word, was die styging slegs 3,8%. Kos het ʼn inflasiekoers van 7,3% in Augustus 2011 gehad, terwyl petrol se prys 23,5% hoër was as ʼn jaar gelede.

Indien die afgelope 12 maande in oënskou geneem word, kan gesien word dat kos- en energiepryse veral sedert Januarie 2011 weer groot dryfvere van inflasie geword het. In Desember 2010 was algehele inflasie 3,5%, en inflasie sonder kos- en energiepryse was 3,3%, ʼn verskil van slegs een vyfde van ʼn persentasiepunt. Sedertdien het die verskil vergroot tot 1,5 persentasiepunte.
Lees verder ‘VPI-inflasie gedryf deur kos en energie’

Kospryse styg al ses maande skerp

Beide die amptelike kosprys-indeks van Statistieke Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir ses maande op ʼn volgehoue basis. Die styging in die amptelike indeks was sowat 5,9% en die basiese mandjie het ʼn styging van 7,3% getoon.
Lees verder ‘Kospryse styg al ses maande skerp’

Basis-effek hou inflasie nie vir lank meer laag

Die jongste inflasiesyfers (vir Februarie 2011) is vandeesweek bekendgemaak. Die jaarlikse inflasiekoers was onveranderd van Januarie se vlak van 3,7%. Tog steek hierdie onveranderde syfer iets weg: die feit dat pryse in Februarie met 0,7% gestyg het teenoor Januarie se styging van slegs 0,4%.

Die rede waarom die jaarlikse inflasiekoers onveranderd gebly het op 3,7% is omdat die maandelikse verandering in Februarie verlede jaar ook nagenoeg 0,7% was. Die verskil tussen die verbruikersprysindeks (VPI) se vlak in Februarie 2010 en Februarie 2011 is dus dieselfde grootte as die verskil tussen Januarie 2010 en Januarie 2011 se vlak en die jaarlikse inflasiekoers is derhalwe dieselfde vir die twee maande. Dit is ten spyte daarvan dat produkte en dienste se pryse in Februarie byna twee keer so vinnig as in Januarie gestyg het.
Lees verder ‘Basis-effek hou inflasie nie vir lank meer laag’

Voedselinflasie tel weer spoed op

In Januarie se inflasiesyfers wat onlangs vrygestel is, het die kollig vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer na voedselinflasie se kant geskuif. Deur die loop van 2010 was die gemiddelde jaar-tot-jaar voedselinflasie sowat 1,4%, maar in Januarie het dit meer as verdubbel tot 3,1%. Dit is weliswaar nog nie ʼn kommerwekkende syfer nie, maar die potensiaal bestaan dat dit in die komende maande verder sal versnel.

In ʼn vorige artikel is dit duidelik gemaak dat kospryse, ten spyte van lae inflasie oor die afgelope jaar, steeds op ʼn hoë vlak is teenoor ʼn paar jaar gelede.
Lees verder ‘Voedselinflasie tel weer spoed op’

Motorpryse trap bietjie rem

Motorpryse het tydens 2010 merkbaar stadiger gestyg as in die vorige jaar. Solidariteit monitor ʼn “mandjie” van basiese gesinsmotors se pryse, waarvan die prysveranderings oor die jare goed ooreengestem het met die verteenwoordigende TransUnion-indeks van motorpryse (wat ongelukkig nie meer gepubliseer word nie). Volgens Solidariteit se mandjie het gewone gesinsmotors se pryse tydens 2009 met ongeveer 13,9% gestyg, maar in 2010 slegs met 3,9%. As dit nie vir Opel se bekendstelling van die (duurder) nuwe Astra was nie, sou pryse slegs met 0,4% gestyg het.
Lees verder ‘Motorpryse trap bietjie rem’

Bladsy 1 van 4123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube