Bladsy 1 van 5123...Laaste »

Sleutelwoord Argief vir 'inflasie'

Dís hoe die VPI-inflasiemandjie verander het

Vorige VPI-mandjie. Kliek om te vergroot.

Nuwe VPI-mandjie. Kliek om te vergroot.

Een manier waarop gepoog word om die dalende waarde van geld (inflasie) te kwantifiseer, is deur die verbruikersprysindeks (VPI). Die VPI bestaan uit ʼn kombinasie, die sogenaamde “mandjie”, van pryse van goedere en dienste wat verbruikers in ʼn land aankoop. Aan elkeen van die pryse word ʼn gewig toegeken na gelang van hoe groot die gedeelte is wat dit van die gemiddelde verbruiker se jaarlikse uitgawes uitmaak. Die syfer wat in die algemeen as “die inflasiesyfer” bekendstaan, is dan die verskil tussen die vlak van hierdie indeks in ʼn spesifieke maand teenoor die vlak wat dit 12 maande gelede was.

Vergelykings van die vlak van die VPI is maar net een manier om te probeer vasstel hoeveel die waarde of die koopkrag van geld gedurende ʼn spesifieke tydperkafgeneem het (inflasie). Lees verder ‘Dís hoe die VPI-inflasiemandjie verander het’

Brandstof, medies en onderwys grootste VPI-sondaars

Die verbruikersprysindeks (VPI) is ’n instrument wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) gebruik om die aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere en -dienste by benadering te meet. Hierdie aanhoudende daling in die koopkrag van geld ten opsigte van verbruikersgoedere is verbruikersprysinflasie. Dit is slegs een vorm van inflasie, aangesien dit nie (behalwe op baie indirekte wyse) veranderinge in die koopkrag van geld ten opsigte van dinge soos vaste en finansiële bates of intermediêre goedere en dienste inreken nie.

Te oordeel aan die kommentaar wat ontvang word elke keer as SSA die VPI-inflasiekoers aankondig (die jongste syfer was 5%), heers daar groot skeptisisme oor die akkuraatheid van VPI-inflasie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van hoe dit veranderinge in lewenskoste weerspieël. Lees verder ‘Brandstof, medies en onderwys grootste VPI-sondaars’

Petrolgeld of tyd – wat is die belangrikste?

“Sal jy vir betaling van R40 vir ʼn uur in jou kar sit en niks doen, dalk na die radio luister, in ʼn veilige, gratis parkeerterrein op pad huis toe van die werk af vanaand?”

In antwoord op hierdie vraag het ʼn (totaal onverteenwoodigende) klein steekproef van mense beslis geantwoord: “Nee, ek sal nie – dis heeltemal te min vergoeding vir my kosbare tyd!”

Hierdie reaksie toon hoe mense bewus is van hul beperkte voorraad van tyd. Elke dag het net 24 ure, en keuses oor wat met elke onvervangbare uur gedoen sal word, word voordurend gemaak. Die groep wat die bostaande vraag beantwoord het, het blitsig besluit dat ʼn uur in die aand by die huis veel meer kosbaar is as ʼn addisionele R40 in hul beursies. Lees verder ‘Petrolgeld of tyd – wat is die belangrikste?’

2008 steeds petrolprys se mees onlangse hoogtepunt

Die huidige petrolprys van R10,83 per liter 93-oktaan in Gauteng is laer as die prys van R10,50 per liter wat in Julie 2008 bereik is. Hierdie stelling lyk op die oog af belaglik, want R10,83 is tog duidelik 33c meer as R10,50. Indien daar egter in ag geneem word dat die waarde – die koopkrag – van elke rand intussen gedaal het, kom die verklaring na vore. Lees verder ’2008 steeds petrolprys se mees onlangse hoogtepunt’

Begroot vir petrol van R9 tot R13 per liter

Petrolpryse bly ʼn omstrede kwessie. Talle algemene vrae hieroor is al hier in vorige artikels beantwoord. ʼn Besonder praktiese vraag wat egter nog nie beantwoord is nie, is: Hoeveel geld moet ek in my begroting opsy sit vir brandstof?

Aangesien fluktuasies in brandstofpryse hoofsaaklik deur veranderinge in die rand/dollar-wisselkoers en internasionale pryse van petroleumprodukte veroorsaak word, is dit moeilik om ʼn presiese antwoord op hierdie vraag te verskaf. Skattings, wat as ʼn begrotingshulpmiddel kan dien, kan egter in ʼn breë band gemaak word.
Lees verder ‘Begroot vir petrol van R9 tot R13 per liter’

Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)

(Hierdie artikel is ʼn vervolging van verlede week se artikel wat hier beskikbaar is.)

Mense se onwilligheid om te glo dat kospryse gedaal het, spruit uit verskillende foute wat maklik begaan kan word.

Iemand wat tussen die winkelrakke loop en verwag om stygende pryse te sien, is daartoe geneig om slegs na die produkte met stygende pryse op te let. Die produkte waarvan die pryse dieselfde gebly of gedaal het, word dan maklik misgekyk. Die verwagting van stygende pryse word dan “bevestig” deur die waarneming, maar die waarneming word uit die staanspoor skeefgetrek deur die verwagting.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)’

Bladsy 1 van 5123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube