Sleutelwoord Argief vir 'facebook'

Wees versigtig wat jy op Facebook sê…

Ek lees vanoggend ‘n artikel op Beeld se webblad oor ‘n Berlynse meisie se sestiende verjaarsdag wat in ‘n totale fiasko ontaard het…

Sy het ‘n ope uitnoding (“event”) op Facebook geskep om haar vriende na haar partytjie toe uit te nooi. Vriende het vir vriende laat weet, met die gevolg dat 15000 mense aangedui het dat hulle die partytjie sou bywoon! Ten spyte daarvan dat sy die partytjie op haar ouers se aandrang gekanseleer het, het 1500 mense by haar ouerhuis opdaag.

Lees verder ‘Wees versigtig wat jy op Facebook sê…’

Julius Malema het nie meer vriende op Faceboek

 

Julius Liar Malema het besluit om die sosiale media te verlaat. Malema het nie meer vriende op Faceboek. Hy het nie eers ‘n Faceboekgroep/bladsy in sy eie woorde op 702. Kyk hier na sy skim op Facebook.

Sy vriendskapgroep/fanclub bestaan egter nie meer nie nadat dit verwyder is. Vroeg in die week het dit nog 20 000 vriende gehad. Trouens Malema beweer hy het nooit ʼn vriendskapsgroep gehad nie volgens Beeld. Sy vyande op Faceboek trek verby die 201 000 op die grootste vier groepe. Sien vorige blog.

Lees verder ‘Julius Malema het nie meer vriende op Faceboek’

Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende. Week twee.

spotprent3.1

Die enigste plek waar Julius Malema ʼn minderheid is, is in die sosiale media. Julius Malema het 169 000 vyande op Faceboek  en 14 900  vriende. Sien vorige blog. Ek het ook ʼn strategie uitgewerk en aanbeveel hou daar met Julius Liar Malema omgegaan moet word. Malema se vyande het die afgelope week meer geword soos byvoorbeeld in die media. Hy is egter nog ‘n leier met geweldige invloed soos die spotprent bo getuig.

e24 deel 1 en deel 2 berig oor Julius Malema se optrede en dat hy te ver gegaan het volgens prof Daryl Glaser.

Lees verder ‘Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende. Week twee.’

Julius Malema het meer vyande in die media as vriende

 

Gister is ʼn strategie onthul waar Julius Malema aangevat moet word naamlik die sosiale media. Die enigste plek waar Julius Malema ʼn minderheid is, is in die sosiale media. Malema het meer vyande op Faceboek as vriende. Na vandag is hy minus sy een Faceboekgroep wat weens haatspraak verdwyn het. ‘n Vinnige teling van vriende toon dat hy 12400 vriende het en 68 800 vyande op verskeie groepe. Die vyande word vinniger by die dag meer.

Lees verder ‘Julius Malema het meer vyande in die media as vriende’

Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende

Malema 

 

 

Die enigste plek waar Julius Malema ʼn minderheid is, is in die sosiale media. Ek het die swakpunt besef in ʼn onderhoud  in Vasvat op Vrydag oor Julius Malema en die sosiale media.

Wel dit is ook dan ʼn plek om ʼn ordentlike gekoordineerde veldtog  met doelwitte te begin teen Malema.

Lees verder ‘Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende’

‘n Nuwe wêreld met sosiale media

inupiat

Inupiat-kinders tydens die kort somer in die noordweste van Alaska

Ek lees omtrent elke dag die blog van ʼn vrou wat in ʼn Eskimo-dorpie in Alaska, sowat 50 kilometer noord van die Arktiese Sirkel, woon. Dié blog het al so deel van my lewe geword dat ek vergeet het dat dit seker vreemd is as ʼn Suid-Afrikaner in Pretoria aan ʼn blog oor die lewe in ʼn Eskimo-dorpie bitter ver hiervandaan verslaaf is. Twintig of dertig jaar gelede sou dit onmoontlik gewees het. Vandag lees ek hierdie blog uit Alaska, kyk ek na webkameras in Noorweë en het ek Facebook-vriende op amper elke kontinent!

Sosiale media soos blogs, Facebook en Twitter het werklik die inligtingswêreld op sy kop gedraai. Lees verder ‘‘n Nuwe wêreld met sosiale media’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube