Bladsy 3 van 19« Eerste...23410...Laaste »

Sleutelwoord Argief vir 'ekonomie'Bladsy 3 van 19

OESO se leidende aanwyser draai

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) is ʼn organisasie wat tans uit 34 lande met relatief hoë gemiddelde lewenstandaarde bestaan. Die lidlande van die OESO is gesamentlik vir sowat 55% van die wêreld se ekonomiese aktiwiteit, gemeet aan die bruto binnelandse produk (BBP), verantwoordelik.

Hierdie lande stel elkeen afsonderlik ʼn leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit saam. Hierdie 34 aanwysers word dan gekombineer volgens elke land se ekonomie se relatiewe grootte, en ʼn gesamentlike leidende aanwyser word dan verkry. Hierdie aanwyser voorspel tydperke van bogemiddelde ekonomiese groei en ondergemiddelde groei (nie noodwendig resessies nie) redelik goed. Dit neem gewoonlik sowat ses tot nege maande voordat dit wat met die OESO se leidende aanwyser gebeur, ook met werklike ekonomiese aktiwiteit in die OESO-lande begin gebeur.
Lees verder ‘OESO se leidende aanwyser draai’

VPI-inflasie gedryf deur kos en energie

Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die inflasiesyfers vir Augustus bekendgemaak. Die algehele verbruikersprysindeks (VPI) was 5,3% hoër in Augustus 2011 as wat dit in Augustus 2010 was. Indien kos- en energiepryse (insluitend petrol en elektrisiteit) uitgelaat word, was die styging slegs 3,8%. Kos het ʼn inflasiekoers van 7,3% in Augustus 2011 gehad, terwyl petrol se prys 23,5% hoër was as ʼn jaar gelede.

Indien die afgelope 12 maande in oënskou geneem word, kan gesien word dat kos- en energiepryse veral sedert Januarie 2011 weer groot dryfvere van inflasie geword het. In Desember 2010 was algehele inflasie 3,5%, en inflasie sonder kos- en energiepryse was 3,3%, ʼn verskil van slegs een vyfde van ʼn persentasiepunt. Sedertdien het die verskil vergroot tot 1,5 persentasiepunte.
Lees verder ‘VPI-inflasie gedryf deur kos en energie’

Skuld teenoor inkomste verbeter stadig

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het hierdie week die jongste uitgawe van hul kwartaalverslag vrygestel. Een syfer daarin wat dikwels nie baie media-aandag kry nie, maar wat eintlik baie belangrik is, is die verhouding van huishoudelike skuld tot besteebare inkomste van huishoudings. Dit vergelyk die totale skuld van huishoudings met die jaarlikse inkomste van die huishoudings. Hierdie verhouding is soortgelyk aan die veelbesproke verhouding tussen staatskuld en die bruto binnelandse produk (BBP), aangesien BBP analogies is aan die jaarlikse inkomste van ʼn land. Die Europese Unie stel hier ʼn riglyn dat staatskuld nie meer as 60% van die BBP moet wees nie.

Van die 1980’s tot ongeveer 2003 het die Suid-Afrikaanse huishoudelike skuld tot inkomste verhouding in ʼn band van ongeveer 45% tot 60% gefluktueer. Dit is redelik gesond, veral aangesien die prima-uitleenkoers van banke gedurende hierdie tydperk redelik hoog was, met ʼn gemiddeld hoër as 17%.
Lees verder ‘Skuld teenoor inkomste verbeter stadig’

Demografiese dividend?

Daar is in die Financial Mail en in Business Report berig oor die moontlikheid van ʼn sogenaamde demografiese dividend vir Suid-Afrika in die nabye toekoms. Hierdie vooruitskattings is deur die ekonome by Bank of America Merrill Lynch (BAML) se Suid-Afrikaanse tak gedoen.

BAML beweer dat honderdduisende arm Suid-Afrikaanse huishoudings, wat tans ʼn inkomste van minder as R5 000 per maand het, binnekort na die volgende inkomstegroep van R5 000 tot R9 999 per maand sal beweeg. Hierdie huishoudings sal dan heelwat meer van hul inkomste diskresionêr kan aanwend en sal ook die geleentheid benut om by die formele kleinhandel eerder as by die informele sektor te koop. Lees verder ‘Demografiese dividend?’

BBP voor die resessie en nou

Daar was reeds talle artikels in die dagblaaie oor die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2011 wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is. Oor die algemeen is die sentiment op grond van die verandering in die laaste kwartaal, negatief.

In plaas daarvan om slegs die jongste veranderinge in die BBP-syfers te ondersoek, word hier ʼn bietjie langer perspektief gegee, deur te kyk na die vlak van BBP voor die resessie tot nou.

BBP staan vir “bruto binnelande produk” en is ʼn poging om die waarde van alles wat binne Suid-Afrika se landsgrense geproduseer en verhandel word, te bereken. Dit gee ʼn aanduiding van die ekonomiese aktiwiteit binne ʼn land. As ʼn ruwe gids: hoe hoër die BBP-syfer, hoe beter sal die materiële lewensstandaard van die mense van die land wees.
Lees verder ‘BBP voor die resessie en nou’

Sensussyfers kan verrassings oplewer

Suid-Afrikaners gaan van 10 Oktober tot 31 Oktober vir die eerste keer sedert 2001 deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) getel word. Die land is in 103 576 blokke verdeel. In elke blok sal ʼn tydelike beampte van SSA die huishoudings besoek en die sensusvorms invul of uitdeel sodat mense dit self kan invul. In ʼn land soos Suid-Afrika, waar goeie demografiese data maar yl gesaai is, is ʼn suksesvolle sensus belangrik vir beide die regering en die privaat sektor se beplanning. Die finale data sal eers vroeg in 2013 bekendgemaak word, maar basiese data behoort reeds deur die loop van 2012 vrygestel te word.

Talle maatreëls is getref om te verseker dat die sensus se data-insameling op ʼn beter standaard sal wees as in vorige jare. Lees verder ‘Sensussyfers kan verrassings oplewer’

Bladsy 3 van 19« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube