Bladsy 10 van 19« Eerste...91011...Laaste »

Sleutelwoord Argief vir 'ekonomie'Bladsy 10 van 19

Jaar-op-jaar syfers – ʼn verduideliking

Hierdie artikel het in Julie 2009 reeds in die Soldeer verskyn. Dit word hierdie week hergebruik.

Een konsep wat dikwels in die media aangehaal word, en ook in die daaglikse vakbondlewe gebruik word, is “verandering op ʼn jaargrondslag” of “jaar-op-jaar verandering”. Een plek waar dit gedurig voorkom, is by inflasiesyfers. Dit is natuurlik van kardinale belang vir salarisonderhandelinge en daarom is dit ook baie belangrik dat die konsep korrek verstaan word.
Lees verder ‘Jaar-op-jaar syfers – ʼn verduideliking’

Eerste prys is minder onsekerheid

Die Engelse gesegde lui dat die enigste dinge waarvan ʼn mens seker kan wees die dood en belasting is. Tog word ʼn baie groot deel van die samelewing se arbeid daaraan gewy om onsekerheid te verminder. Mense neem versekeringspolisse uit om onsekerheid oor besittings en inkomste te verminder. Mense sluit by vakbonde aan om onsekerheid oor toestande in die werksplek te verminder.

Selfs op ʼn groter skaal is baie van die dinge wat die mensdom doen eintlik daarop gemik om onsekerheid te verminder. Akkurate horlosies is ontwerp om onsekerheid oor afsprake te verminder. Betroubare vervoerstelsels word ontwerp om onsekerheid oor vervoer te verminder. Daar is selfs netwerke van posisioneringsatelliete in die buitenste ruim om onsekerheid oor mense se posisies op die aarde te verminder. Die hele vakgebied van ekonomie is daarop gegrond om onsekerheid te verminder, maar nie om definitiewe sekerheid te gee nie.
Lees verder ‘Eerste prys is minder onsekerheid’

Een se armoede, ander se oorvloed

(Hierdie artikel is in Januarie 2012 gewysig vir plasing in nog ‘n uitgawe van Soldeer.)

In ʼn berig getiteld “The American dream turns into nightmare for many” in die Mail & Guardian lui die openingsin: “One in seven Americans now live on or below the poverty line…”

Die begrip “onder die armoedelyn” laat ʼn mens dink aan mense wat in lekkende sink-en-seilskuilings of bouvallige ou huise of stukkende karavane in ʼn agtertuin woon. Mense sonder netjiese klere en sonder genoeg kos om te eet. Hoe is dit moontlik dat een uit elke sewe Amerikaners in so ʼn toestand verkeer?!

Die antwoord op die vraag is redelik eenvoudig. Die afsnypunt (armoedelyn) wat in Amerika gebruik word, is, relatief tot feitlik enige samelewing buite die VSA en Europa, hoog. Lees verder ‘Een se armoede, ander se oorvloed’

Skuld, inkomste en rente

Die rentekoers het onlangs tot 9,5%, die laagste koers in dertig jaar, gedaal. Huishoudings staan tans gemiddeld ongeveer 7,5% van hul inkomste aan rente op skuld af. In 2000, toe die rentekoers 14,5% was, het huishoudings ook ongeveer 7,5% van hul inkomste aan rente op skuld afgestaan. Die faktor wat in die afgelope tien jaar verander het, is dat huishoudings se skuldvlakke drasties in verhouding tot hul inkomstevlakke gestyg het. Die grafiek toon hierdie tendens duidelik aan.

Kuba en Rusland privatiseer

In die lig van die ANC se beleidskonferensie het die volgende gebeure op die internasionale verhoog betrekking:

Vir diegene wat nie weet nie – Kuba is een van die laaste lande wat nog tot ʼn baie groot mate aan ortodokse sosialisme vasklou. Sedert Raúl Castro in 2006 die leisels by sy broer Fidel oorgeneem het, het die land egter stadig maar seker na ʼn vrye stelsel begin oorgaan. Die Kubaanse regering het dan ook vandeesweek ʼn aankondiging gemaak dat hulle teen die begin van 2011 ten minste 500 000 minder werkers (uit ʼn werksmag van ongeveer vyf miljoen) in die staatsdiens of staatsbeheerde sektore wil hê en dat hierdie mense hul eie inisiatief sal moet gebruik om in die privaatsektor vir hulself werk te skep.

Die volgende paragrawe is ʼn vertaling uit die amptelike persverklaring van die Kubaanse regering: Lees verder ‘Kuba en Rusland privatiseer’

Stakings selde lonend

Wanneer werknemers staak in ʼn finale poging om die bestuur sover te kry om hoër salarisverhogings toe te staan, verloor hulle hul salarisse of lone tydens die staking (no work, no pay). Die stakende werkers is bereid om hierdie verlies te aanvaar, aangesien hulle glo dat die hoër betaling wat hulle ná ʼn suksesvolle staking sal kry, sal vergoed vir die verlies.

Indien die hoër salaris a.g.v. die staking wel binne ʼn kort tyd vir die verlies aan inkomste tydens die staking vergoed, kan dit sin maak om te staak. As die hoër salaris ná die staking egter jare neem om vir die verlore inkomste te vergoed, is dit beter om eerder die kleiner verhoging te aanvaar en om nie te staak nie.

Dit is maklik om ʼn emosionele besluit oor ʼn staking te neem. Die idee van ʼn ekstra paar honderd rand in die bankrekening elke maand is iets wat maklik ʼn mens se goeie oordeel kan laat verdwyn. Dit bly steeds beter om vooraf die nugtere feite in ag te neem voordat ʼn oorhaastige besluit oor ʼn staking geneem word.

Die nugtere feite in die geval van die staatsdiensstaking is soos volg:
Lees verder ‘Stakings selde lonend’

Bladsy 10 van 19« Eerste...91011...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube