Bladsy 1 van 1012310...Laaste »

Sleutelwoord Argief vir 'ekonomie'

Stakings selde lonend

Wanneer werknemers staak in ʼn finale poging om die bestuur sover te kry om hoër salarisverhogings toe te staan, verloor hulle hul salarisse of lone tydens die staking (no work, no pay). Die stakende werkers is bereid om hierdie verlies te aanvaar, aangesien hulle glo dat die hoër betaling wat hulle ná ʼn suksesvolle staking sal kry, sal vergoed vir die verlies.

Indien die hoër salaris a.g.v. die staking wel binne ʼn kort tyd vir die verlies aan inkomste tydens die staking vergoed, kan dit sin maak om te staak. As die hoër salaris ná die staking egter jare neem om vir die verlore inkomste te vergoed, is dit beter om eerder die kleiner verhoging te aanvaar en om nie te staak nie.

Dit is maklik om ʼn emosionele besluit oor ʼn staking te neem. Die idee van ʼn ekstra paar honderd rand in die bankrekening elke maand is iets wat maklik ʼn mens se goeie oordeel kan laat verdwyn. Dit bly steeds beter om vooraf die nugtere feite in ag te neem voordat ʼn oorhaastige besluit oor ʼn staking geneem word.

Die nugtere feite in die geval van die staatsdiensstaking is soos volg:
Lees verder ‘Stakings selde lonend’

Belastingkoerse en belastinginkomste

Dit is nie groot nuus om te hoor dat Suid-Afrikaners oor die algemeen baie swaar belas word nie. Inkomstebelasting kan maklik in die omgewing van 25% van die totale inkomste van ʼn middelklaspersoon wees. Op die nabelaste inkomste kom nog rofweg sowat 14% BTW op meeste produkte by. Dit werk uit op sowat 10% van totale inkomste voor inkomstebelasting. Ná hierdie twee belastings is 35 sent uit elke rand dus reeds deur die regering uit die salaristrekker se sak gehaal.

Verder is daar nog belasting op brandstof, heffings op eiendom, kapitaalwinsbelasting, belasting op rente-inkomste en groot belastings op motors. Daar is invoerbelasting op verskeie ingevoerde produkte. Om sekere produkte soos ʼn TV, ʼn motor of ʼn vuurwapen te kan besit, moet lisensiegeld en heelwat administrasiekoste betaal word. Daar is belasting op lugvervoer, op aftreegeld (dubbele belasting!), op oordrag van eiendom – so kan ʼn mens aangaan!
Lees verder ‘Belastingkoerse en belastinginkomste’

Demokratiese Arbeidsbestel is belangrik vir demokrasie en ekonomie

Die kern van demokrasie is dat almal verteenwoordig en gehoor moet word, en nie net die meerderheidsparty nie. ‘n Politieke party hoef net 1% steun te hê om Parlementêre verteenwoordiging te kry, omdat die wese van demokrasie insluiting is wat op die beginsel van vryheid van assosiasie berus.

Dít word as vanselfsprekend aanvaar in die politieke demokrasie, en iemand wat sou  voorstel dat nét die meerderheidsparty verteenwoordiging kry sal as ondemokraties en belaglik beskou word. Selfs Mugabe laat opposisiepartye toe. Maar in die Nywerheidsdemokrasie is dit soms anders. Dáár is ‘n groeiende aandrang uit sekere kringe dat net die meerderheidsvakbond in die werksplek erkenning moet kry.

Lees verder ‘Demokratiese Arbeidsbestel is belangrik vir demokrasie en ekonomie’

Entrepreneurskap hou die volk aan die lewe

Entrepreneurskap - of jy warm patats langs die pad verkoop en of jy jou bestuursvaardighede in ‘n konsultasie maatskappy verander het, jy is die hartklop van die Afrikaner se ekonomiese  vooruitgang. Ongeveer 75% van blanke Suid-Afrikaners wat as ryk beskou is in 1994 het formele poste beklee, deesdae is slegs 25% van ryk blanke Suid-Afrikaners afhanklik van die staat of ‘n formele werk.  Dit beteken dat meer en meer blanke Suid-Afrikaners hulle eie besighede begin. Die blanke armoede vraagstuk is ook weer op die tafel, en deur entrepreneurskap kan jy weer jou eie mense uit die nood help en bemagtig met hoop.
Lees verder ‘Entrepreneurskap hou die volk aan die lewe’

Gerrit se mielie storie

Vrydag het die Solidariteit Navorsing Instituut ʼn Landbouseminaar aangebied oor die mieliekrisis  in die land. Daar is al heelwat op die blog berig daaroor. As inleiding het ek die storie van Gerrit vertel. Luister na die storie. Luister na al die klank.

Lees verder ‘Gerrit se mielie storie’

Handelsektor steeds onder hoogtepunt

Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het die data rakende die bruto binnelandse produk (BBP) van Suid-Afrika vir die tweede kwartaal van 2010 op 24 Augustus vrygestel. Die oorkoepelende syfer vir groei (seisoenaal aangepas teen ʼn jaarkoers) was 3,2%. Dit is wyd in die media gerapporteer.

Daar is ook heelwat gesê oor die feit dat die handelsektor (groot- en kleinhandel, motorverkope en akkommodasie) se groei in die tweede kwartaal 5,8% was, teenoor die 3,3% van die eerste kwartaal van 2010. Dit is verblydend om beter groei te sien, maar hoeveel daarvan aan die Sokkerwêreldbeker toegeskryf kan word, is nie duidelik nie.

Die vraag oor die invloed van die sokker is egter eintlik nie die belangrikste vraag om te vra nie. Lees verder ‘Handelsektor steeds onder hoogtepunt’

Bladsy 1 van 1012310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube