Sleutelwoord Argief vir 'dirk hermann'

Onthullings op Dirk op Donderdag

Ek praat vandag 12:00 eksklusief op www.solidariteitradio.co.za met Genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die SA Weermag oor die leuen van die slag van Cuito Cuanavale. Die slag word deur sommiges beskryf as die grootste slag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog. Albei kante maak aanspraak dat hulle gewen het en die media het al foto’s van die ‘dorpie’ gepubliseer. Is die slag nie net ‘n klomp propaganda leuens nie? Solidariteit Radio beloof onthullings in die program. Die program kan ook na die tyd op www.solidariteitradio.co.za geluister word.

Die keiser is nou kaal….

renante1

Vraag en antwoord artikel verskyn vandag in die Burger met opskrif: Die keiser is nou kaal …….

Die titel sinspeel op ‘n boek met dieseldfe titel van dr Dirk Hermann. Nou het dit net waar geword.

Ondertussen het die SAPD appèl aangeteken teen die Renate Barnard uitspraak.

Kyk SABC2 nuus insetsel. Luister Radio Pretoria onderhoud.

Lees verder ‘Die keiser is nou kaal….’

Dan Roodt oor die stand van die nasie

d1
Die filosoof Dan Roodt was vandag op SABC2 se Morning Live. Hy het kommentaar gelewer oor die stand van die nasie. Hy het ook ʼn goeie samevatting gegee oor die week se debat  oor 20 jaar na 2 Februarie. Hy het ook bevestig dat FW nie baie vriende op die oomblik het nie.

Lees verder ‘Dan Roodt oor die stand van die nasie’

Solidariteit Radio se stem nie stil oor Kersfees

Die gelukkiges span reeds by hul gunsteling vakansieplekke uit terwyl ʼn paar bittereinders eers voor Kersnaweek die lang pad sal aanpak. Ander ry met Jan Tuisbly se karretjie. Waar jy jou ook al bevind dié Kersseisoen, Solidariteit Radio is daar om jou geselskap te hou.
Tussen Kersfees en die nuwe jaar, kyk die aanbieders van Mense op Maandag, DinsdagForum, Tossie Lochner, Suid-Afrika, Dirk op Donderdag, VakbondNuus, Vasvat op Vrydag en In Solidariteit, terug na die hoogtepunte van Solidariteit Radio in 2009.

Lees verder ‘Solidariteit Radio se stem nie stil oor Kersfees’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube