Een van die doelwitte met die briewe veldtog vir Zuma was dat die internasionale media moet begin notisie neem van die misdaad situasie in Suid-Afrika. Die gesaghebbende Duitse koerant Spiegel het ook dan berig. Lees Spiegel in Duits en Spiegel-Afrikaans. Kyk Stube video.
Sleutelwoord Argief vir 'briewe'
Gister is meer as 136 000 misdaad briewe aan president Zuma oorhandig. Kyk Stube video. Toe die veldtog gister gestop het het die briewe trouens op 141 222 gestaan. Die eerste keer is 23 000 briewe vir die president geneem en drie weke daarna het hy meer as 100 000 briewe ekstra gekry. Dankie aan almal wat deelgeneem het aan die krag van die kollektief. Groot steun is van Faceboek groepe en vriende daarop ontvang. Sterkte vir jul onderskeie pogings. Misdaad het ongelukkig nie gister opgehou nie. Daar is net weer kennis gedra van die probleem en die intensiteit daarvan in Suid-Afrika.
Vir my was daar baie spesiale en emosionele oomblikke die afgelope maand. Oor mobilisasie is lesse geleer wat gedeel gaan word.

Met die eerste besoek aan Zuma is 23 000 briewe geneem. Nou word meer as 100 000 boodskappe beplan. Foto: N Engelbrect Sapa
Volgende Dinsdag is daar weer ʼn afspraak gemaak met president Zuma in Kaapstad. Dit is dubbel en dwars bevestig dat hy dit sal ontvang. Sien die vorige briewe het kleintjies gekry. Die keer kom Solidariteit nie met 23 000 briewe nie maar wil met meer as 100 000 boodskappe opdaag oor misdaad. Lees Beeld. Tans is meer as 67 444 boodskappe reeds ontvang en nog boodskappe stroom in.
Lees ook die nuwe Misdaadbrief aan Zuma wat aan die ondersteuners van die veldtog gestuur is.










