Minister Pravin Gordhan het vandeesweek sy kommer daaroor uitgespreek dat talle maatskappye hul hoofkantore verskuif ter wille daarvan dat hulle minder belasting aan die Suid-Afrikaanse owerhede kan betaal, ten spyte daarvan dat baie van hul bedrywighede in Suid-Afrika plaasvind. Gordhan het gewaarsku dat die negatiewe boodskappe oor Suid-Afrika wat deur “opposisiepartye, analiste en die media” uitgestuur word, hierdie tendens van belastingvermyding versterk. Lees verder ‘Laer belasting sal vermyding verlaag’
Sleutelwoord Argief vir 'belasting'
Die Nasionale Tesourie het op 2 Mei ʼn nuwe besprekingsdokument oor beoogde ‘koolstofbelasting’ wat in 2015 in werking sal tree, bekendgestel. Luidens die besprekingsdokument is die oogmerk van die koolstofbelasting om mense se toekomstige gedrag te beïnvloed en nie om meer geld vir die staatskas te in nie.
So ʼn stelling behoort ʼn mens onmiddellik snuf in die neus te gee. Dit is ietwat ongeloofwaardig vir ʼn belastinggaarder om te sê dat hy nie regtig belasting wil insamel nie… Tweedens behoort belasting neutraal te wees in die sin dat dit nie mense se keuses van wat om te verbruik, waarin om te belê, waar om te woon, hoe om te handel, ensovoorts, affekteer nie.
Lees verder ‘Koolstofbelasting – mag mense nie self kies nie?’
(Hierdie artikel is ‘n uittreksel uit die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste Arbeidsmarkrapport. Lees die volledige Arbeidsmarkrapport by hierdie skakel.)
Soos al gebruiklik geraak het, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy nasionale begrotingstoespraak in Februarie aangekondig dat daar in die huidige belastingjaar belastingverligting vir persoonlike inkomstebelastingbetalers sal wees. Die presiese aanhaling is: “In the 2013/14 fiscal year, personal income tax relief of R7 billion is granted.”
Die grootste groep betalers van persoonlike inkomstebelasting is werknemers, vir wie so ʼn aankondiging op sigwaarde na ʼn welkome blaaskans kan lyk. Die term “belastingverligting” impliseer tog dat minder belasting betaal sal word. In werklikheid is dit oëverblindery. Lees verder ‘Belastingverligting slegs oëverblindery’
Die regering se sogenaamde “Jobs Fund” van R9 miljard, wat deur die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika geadministreer word, is vandeesweek in die nuus oor aantygings dat dit tot dusver R3 miljard uitbetaal het en slegs 745 werksgeleenthede “geskep” het, teen ʼn koste van R4 miljoen per werksgeleentheid. Die regering het teruggekap dat daar wel tot dusver R3 miljard van die R9 miljard bewillig is, maar dat dit “teen 2015 meer as 65 000 nuwe permanente werksgeleenthede sal veroorsaak”.
Die regering se verweer en die syfers daarin klink asof dit heel skaflik is, aangesien dit neerkom op ʼn uitgawe van slegs sowat R46 000 per werksgeleentheid, wat darem nie te buitensporig is nie. Daar is egter steeds ʼn inherente probleem in die hele denkwyse rondom die “Jobs Fund”.
Die vraag is: Waar kom die R9 miljard vandaan en wat sou andersins daarmee gebeur het? Lees verder ‘Die idee van ʼn “Jobs Fund” is inherent problematies’
Die belastingseisoen is aan die gang en die inkomstebelastingbetalers van Suid-Afrika kry al hul dokumente agtermekaar om aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se vereistes te voldoen, in die hoop dat hulle dalk ’n paar rand se terugbetaling kan kry of in die vrees dat hulle ’n hele paar rand se boete kan kry as hul sake nie in orde is nie.
Hoewel die koms van e-filing die indiening van ’n belastingopgawe vir die meeste mense baie vergemaklik het, beroof die belastingproses mense steeds van hul tyd. Lees verder ‘Tydrowing ook belasting’
In sy jongste begrotingstoespraak het minister Pravin Gordhan aangekondig dat R5,75 miljard uit die staatskas aan Sanral oorgedra gaan word, sodat die Gautengse tolgelde teen ʼn laer vlak ingestel kan word as wat aanvanklik beplan is. In dieselfde toespraak het hy egter ook aangekondig dat die algemene heffing op brandstof (met die heffing vir die Padongelukkefonds uitgesluit) in 2012 met 20c per liter sal styg. Hierdie ekstra 20c per liter geld vir beide petrol en diesel.
Hierdie syfers op sigself is nie baie betekenisvol nie – na afloop van ʼn bietjie ontleding kan meer betekenis daaraan gegee word. Lees verder ‘Tolgeldverligting en hoër brandstofheffing’

